Duitse nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Duitsland
Coat of arms of Germany.svg
Unie Deutscher Rugby-Verband
Bynaam(e) Schwarze Adler
Embleem Bondsarend
Afrigter(s) Mark Kuhlmann
Kaptein(s) Sebastian Ferreira
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Alexander Widiker (65)
Meeste punte Raynor Parkinson (323)
Meeste drieë Jaco Otto (23)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Frankryk Frankryk 30–5 Duitsland Vlag van Republiek van Weimar
(17 April 1927)
Grootste oorwinning
Vlag van Serwië en Montenegro Serwië en Montenegro 0–108 Duitsland Vlag van Duitsland
(12 November 2005)
Grootste nederlaag
Vlag van Rusland Rusland 89–6 Duitsland Vlag van Duitsland
(16 April 2000)
Unie webwerf
www.rugby-verband.de

Die Duitse nasionale rugbyspan is die internasionale rugbyspan van Duitsland. Die span het vir die eerste keer in 1927 teen Frankryk gespeel en die span kon tot dusver nie vir die Rugbywêreldbeker kwalifiseer nie. Rugby word in Duitsland deur die Duitse Rugbybond (Duits: Deutscher Rugby-Verband) bestuur. Die Duitse rugbyspan is tans (18 November 2019) 28ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[1]

Duitsland se grootste prestasie in rugby is waarskynlik die silwermedalje wat tydens die Olimpiese Somerspele in 1900 gewen is.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Duitsland, verteenwoordig deur SC 1880 Frankfurt, by die Olimpiese Somerspele 1900 in Parys
Duitsland speel teen Frankryk tydens die Olimpiese Somerspele 1900 in Parys
Toets tussen Wes-Duitsland en Italië in Venesië, 1968

Duitsland neem reeds sedert die tweede moderne Olimpiese Spele, wat in 1900 saam met die Wêreldtentoonstelling in Parys gehou is, aan internasionale rugby deel en het by die geleentheid 17–27 teen die gashere verloor om die silwermedalje met Engeland te deel. Aangesien daar in die 19de eeu nog nie 'n Duitse nasionale span was nie het SC 1880 Frankfurt vir die Duitse Keiserryk gespeel.

Nasionale span[wysig | wysig bron]

Die eerste wedstryd deur 'n amptelike nasionale Duitse span het weer in Frankryk op 17 April 1927 plaasgevind. Die Duitse span het 5–30 teen Frankryk verloor. In daar die tydperk het Duitsland nog agt keer teen Frankryk gespeel. In 1929 het die span twee keer teen Spanje, in 1931 teen Tsjeggo-Slowakye en in 1933 teen Nederland gespeel. Op 2 Januarie 1934 in Parys en op 25 Maart 1934 in Hannover het die stigting van die Internasionale Amateurrugby Federasie (FIRA van Frans: Fédération Internationale de Rugby Amateur) plaasgevind. Die rugbyfederasie wat op die inisiatief van Frankryk gestig is, nadat die land uit die Vyfnasies geskop is, het ook België, Italië, Katalonië, Nederland, Portugal, Roemenië en Spanje ingesluit. Na die stigting van FIRA speel Duitsland tot met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog intensief teen mede FIRA-lede: Die Duitse span speel van 1936 drie keer teen Roemenië en ses keer teen Italië, in 1937 teen België, nog ses keer teen Frankryk, twee keer teen Nederland en een keer teen Tjeggo-Slowakye. Die laaste wedstryd tydens die Tweede Wêreldoorlog het op 5 Mei 1940 in Stuttgart teen Italië plaasgevind. Duitsland het 'n positiewe rekord teen alle lande behalwe Frankryk gehad.

Na-oorlogse tydperk[wysig | wysig bron]

Die eerste na-oorlogse wedstryd het op 2 Maart 1952 in Hannover teen België plaasgevind, 'n wedstryd wat Duitsland 16–9 gewen het. Die Duitse span moes na die oorlog uitvind dat die land as gevolg van die oorlog en die heropbou na die oorlog sy posisie en status op die kontinent verloor het. Frankryk het tot 1969 byna altyd met 'n B-span teen Duitsland gespeel en nogtans geseëvier; Italië was ook heelwat beter as Duitsland en slegs Spanje en Roemenië was op dieselfde vlak.

In 1973/74 is die aantal lande waarteen Duitsland gespeel het uitgebrei deur die insluiting van Marokko, Swede, die Sowjetunie, Switserland, Tunisië en Denemarke aan die FIRA se Europese Nasiesbeker.

Wêreldbeker[wysig | wysig bron]

Duitsland speel teen België op 29 April 2006 in Hannover, Duitsland
Spanje speel teen Duitsland op 15 November 2008 in Madrid, Spanje
Die Duitse rugbyspan tydens hul 2016-toer na Georgië

In November 1988 is die Duitse Rugbybond saam met 95 ander lande in die Internasionale Rugbyraad opgeneem wat gelei het tot Duitsland se eerste deelname in 1989 in die kwalifiseringsrondtes van die Rugbywêreldbeker (vir 1991). Duitsland het egter reeds in die eerste rondte uitgeval met 'n 6–12 nederlaag teen Nederland in Heidelberg.

In 1989 en 1990 het die span vir die eerste keer teen spanne buite Europa gespeel: Teen Wes-Samoa en Namibië moes die Duitse span groot nederlae verduur (onderskedelik 9–55 en 7–54).

Vir die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1999 het die Duitsers twee van die wedstryde in die land se groep gewen en twee verloor:

  • 4 Oktober 1997 in Andorra 56–11
  • 19 Oktober 1997 tuis teen Tsjeggië 31–17
  • 4 April 1998 in Portugal 6–30
  • 26 April 1998 tuis teen Spanje 9–24

Dit het Duitsland 3de in die groep van vyf geplaas en is daarmee uitgeskakel uit die Rugbywêreldbeker 1999.

Die 20ste eeu is met 'n negatiewe balans van oorwinnings en nederlae afgesluit.

Die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2003 het as volg afgeloop: weereens twee seges en twee nederlae, plek 3 uit 5 in Europa-Groep B. Die span bereik dus nie die volgende rondte nie:

  • 21 Oktober 2001 in Swede 10–32
  • 10 November 2001 tuis teen Denemarke 34–24
  • 24 November 2001 tuis teen Letland 44–0
  • 6 April 2001 in Pole 12–20.

Met die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2007 het die span sy eerste rondte sonder enige nederlae teen kleiner spanne voltooi:

  • 13 November 2004 in Moldowa 27–18
  • 27 November 2004 tuis teen Luxemburg 96–0
  • 2 April 2005 tuis teen Denemarke 56–0
  • 23 April 2005 in Oostenryk 69–9

Vervolgens het die span ook al vier wedstryde in Europa-Groep-B gewen, en bereik hiermee vir die eerste keer die derde rondte:

  • 29 Oktober 2005 in Malta 43–0
  • 12 November 2005 tuis teen Serwië-Montenegro 108–0
  • 22 April 2006 in Kroasië 25–15
  • 29 April 2006 tuis teen België 33–15

Die span moes daarna in twee uitspeel wedstryde teen die wenner van Groep-A, Spanje, speel:

Spanje het Duitsland dus met 'n beter punteverskil uitgeskakel. Spanje is later deur Roemenië en Georgië in die vyfde rondte uitgeskakel.

Nadat die nasionale rugbyspanne van België, Roemenië en Spanje tydens die kwalifisering ongeskikte spelers ingespan het, is hulle vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet.[2][3] Vervolgens het Rusland onmiddellik vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer, terwyl Duitsland, ondanks gedeeltelik hoë nederlae, tot die volgende rondte gevorder het.[4] Duitsland, wat as naaswenner van die uitspeel geëindig het, het die Rugbywêreldbeker 2019 egter net-net misgeloop, nadat hulle die beslissende wedstryd teen Kanada verloor het.

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Duitsland het teen 18 November 2019 152 van hulle 341 toetswedstryde gewen, 'n wenrekord van 44,57%.[5]

Duitsland se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 18 November 2019)[5]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Andorra Andorra 1 1 0 0 100
Vlag van België België 29 20 8 1 68,97
Vlag van Bulgarye Bulgarye 1 1 0 0 100
Vlag van Brasilië Brasilië 5 5 0 0 100
Flag of the British Army.svg Britse Leër 1 1 0 0 100
Vlag van Chili Chili 1 0 1 0 0
Vlag van Denemarke Denemarke 9 8 1 0 88,89
Vlag van Frankryk Frankryk 15 2 13 0 13,33
Vlag van Frankryk Frankryk XV 29 0 28 1 0
Vlag van Georgië Georgië 7 0 7 0 0
Vlag van Hongkong Hongkong 2 2 0 0 100
Vlag van Italië Italië 20 4 15 1 20
Vlag van Kanada Kanada 1 0 1 0 0
Vlag van Kenia Kenia 2 2 0 0 100
Vlag van Kroasië Kroasië 3 1 1 1 33,33
Sjabloon:LVAru 2 2 0 0 100
Vlag van Litaue Litaue 1 1 0 0 100
Vlag van Luxemburg Luxemburg 2 2 0 0 100
Vlag van Malta Malta 1 1 0 0 100
Vlag van Marokko Marokko 10 3 7 0 30
Vlag van Moldowa Moldowa 7 4 3 0 57,14
Vlag van Namibië Namibië 3 0 3 0 0
Vlag van Nederland Nederland 41 27 13 1 65,85
Vlag van Oekraïne Oekraïne 8 5 2 1 62,5
Vlag van Oostenryk Oostenryk 1 1 0 0 100
Vlag van Pole Pole 17 8 9 0 47,06
Vlag van Portugal Portugal 11 5 6 0 45,45
Vlag van Roemenië Roemenië 20 6 14 0 30
Vlag van Rusland Rusland 10 0 10 0 0
Vlag van Samoa Samoa 3 0 3 0 0
Vlag van Serwië Serwië 7 6 0 1 85,71
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 5 1 4 0 20
Vlag van Spanje Spanje 23 8 13 2 34,78
Vlag van Swede Swede 10 7 3 0 70
Sjabloon:SWIru 5 5 0 0 100
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 9 7 2 0 77,78
Vlag van Tsjeggo-Slowakye Tsjeggo-Slowakye 15 5 9 1 33,33
Vlag van Tunisië Tunisië 4 2 2 0 50
Vlag van Uruguay Uruguay 1 1 0 0 100
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1 0 1 0 0
Vlag van Wallis Wallis Dev. XV 1 0 1 0 0
Totaal 341 152 179 10 44,57

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 18 November 2019.
  2. (en) "Independent Appeal Committee decision regarding Romania and Spain". Wêreldrugby. 6 Junie 2018. Besoek op 18 November 2019.
  3. (en) "Russia handed 2019 World Cup spot". ESPNscrum. 15 Mei 2018. Besoek op 18 November 2019.
  4. (en) "Russia handed World Cup place as Romania penalised for ineligible player". The Guardian. 15 Mei 2018. Besoek op 18 November 2019.
  5. 5,0 5,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Germany". ESPNscrum. Besoek op 18 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]