Fidjiaanse nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Fidji
Flag of Fiji.svg
Unie Fidjiaanse Rugbyunie
Bynaam(e) Vlieënde Fidjiane
Embleem die Palmboom
Stadion ANZ Nasionale Stadion, Suva
Kapasiteit 25 000
Afrigter(s) Vlag van Nieu-Seeland John McKee[1]
Kaptein(s) Dominiko Waqaniburotu
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Nicky Little (71)
Meeste toetspunte Nicky Little (670)
Meeste drieë Vereniki Goneva (22)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Samoa Samoa 0–6 Fidji Vlag van Fidji
(18 Augustus 1924)[2]
Grootste oorwinning
Vlag van Niue Niue 4–120 Fidji Vlag van Fidji
(10 September 1983)[3]
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 91–0 Fidji Vlag van Fidji
(10 Junie 2005)[4]
Wêreldbeker
Verskynings 8 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Kwarteindrondte in 1987 en 2007
Unie webwerf
www.fijirugby.com

Die Fidjiaanse nasionale rugbyspan is 'n sportspan wat Fidji in internasionale rugby verteenwoordig. Rugby word in Fidji deur die Fidjiaanse Rugbyunie (FRU) geadministreer. Die Fidjiaanse rugbyspan is tans (12 November 2019) elfde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[5] Die span neem jaarliks deel aan Wêreldrugby se Stille Oseaan Nasiesbeker teen Japan, Kanada, Samoa, Tonga en die Verenigde State. Fidji is 'n lid van die Stille Oseaan Eilande Rugbyalliansie (Engels: Pacific Islands Rugby Alliance; PIRA), saam met Tonga; Samoa was tot in 2009 ook 'n lid, maar hulle het hulself onttrek.[6]

Lynstaan tydens Fidji se poelwedstryd teen Kanada in die Rugbywêreldbeker 2007
Lynstaan tydens Fidji se poelwedstryd teen Suid-Afrika in die Rugbywêreldbeker 2011

Fidji is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs die Cookeilande, Nieu-Seeland, Samoa, Tonga en Wallis kan soortgelyke bewerings maak.[7] Daar is ongeveer 80 000 geregistreerde spelers uit 'n totale bevolking van ongeveer 950 000. Een van die probleme waarmee Fidji sukkel is om hulle spelers te kry om vir die nasionale span te speel aangesien baie kontrakte in Europa of met Super 14 spanne het wat vir spelers finansieel meer lonend is. Geld wat deur oorsese sterre huistoe gestuur word het 'n belangrike bron van sommige plaaslike gemeenskappe geword. Verder speel 'n beduidende aantal spelers wat vir Fidji verkiesbaar is vir Australië of Nieu-Seeland; twee noemenswaardige voorbeelde is die Fidjiaans gebore All Blacks neefs Joe Rokocoko en Sitiveni Sivivatu en Wallabies Vleuel Lote Tuqiri.

Rugby is in 1884 na Fidji gebring en die beheerliggaam is in 1913 gestig. Die eerste internasionale wedstryd is in Augustus 1924 teen Samoa gespeel. Fidji, Samoa en Tonga speel gereeld teen mekaar in toernooie soos die Pasifiese Drienasies, waarvan Fidji tot dusver die meeste titels gewen het. Fidji se bynaam is Flying Fijians (Engels vir: "vlieënde Fidjiane") en hulle speel tradisioneel in wit truie en swart broeke. Die cibi-oorlogsdans (Fidjiaans: [ˈðimbi]) word voor elke toetswedstryd deur die Fidjiaanse span uitgevoer. Die oorlogsdans wat dateer uit die land se oorloë met naburige eilande word sedert 1939 op die rugbyveld gebruik.[8]

Fidji is genooi om aan die eerste Rugbywêreldbeker in 1987 deel te neem en het tot die kwarteindrondte gevorder. Later kon hulle nie daarin slaag om vir die Rugbywêreldbeker 1995 te kwalifiseer nie, die enigste toernooi tot dusver wat hulle misgeloop het. In 2007 het hulle vir 'n tweede keer daarin geslaag om tot die kwarteindrondte deur te dring. Sedertdien het Fidji nie meer so goed in die Wêreldbeker gevaar nie.

Cibi[wysig | wysig bron]

Fidji voer die cibi tydens die Rugbywêreldbeker 2007 teen Kanada op
Fidji se cibi op Millennium-stadion in Cardiff, Wallis, 2010
Fidji voer die cibi tydens die Rugbywêreldbeker 2011 teen Suid-Afrika op

Die cibi (Fidjiaans: [ˈðimbi]) is 'n Fidjiaanse meke en oorlogsdans, afkomstig van die Bau-eiland, wat algemeen voor of na 'n slag uitgevoer word. Dit het in 1939 op die rugbyveld prominent geword toe dit voor die wedstryd deur die Fidjiaanse nasionale rugbyspan uitgevoer is.

Fidjiaans Afrikaans

(Leier) Vaka rau! Cibi!
Ai tei vovo, tei vovo
E ya, e ya, e ya, e ya;
Tei vovo, tei vovo
E ya, e ya, e ya, e ya

Rai tu mai, rai tu mai
Oi au a virviri kemu bai
Rai tu mai, rai tu mai
Oi au a virviri kemu bai

Toa yalewa, toa yalewa
Veico, veico, veico
Au tabu moce koi au
Au moce ga ki domo ni biau

E luvu koto ki ra nomu waqa
O kaya beka au sa luvu sara
Nomu bai e wa mere
Au tokia ga ka tasere

Tuletule buka sa dredre
Tuletule buka sa dredre
Tou vaka tosoya
Vaka malua.
E ya, e ya, e ya, e ya

Maak reg! Cibi!
Die oorlogdraad, die oorlogdraad,
Oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh,
Die oorlogdraad, die oorlogdraad
Oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh

Kyk hier, kyk hier,
Ek val u verdediging aan,
Kyk hier, kyk hier,
Ek val u verdediging aan

'n Haan en 'n hen,
Hulle val aan, val aan, val aan,
Dit is verbode vir my om te sluimer,
Behalwe vir die geluid van brekende golwe

U skip lê gesink onder,
U sê ek het dalk verdrink.
U draad is net gemaak van rankplante
Ek kyk daarna, en dit word ongedaan gemaak.

Ek draai die boom om dit te ontwortel,
Dit is moeilik, maar dit is daar.
Die boom is uit die grond uit
Stadig maar, ons in staat is om dit te skuif.
Oh, oh, oh, oh, oh!

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Fidji se plek op die wêreldranglys die afgelope jare

Fidji het teen 12 November 2019 168 van hulle 345 toetswedstryde gewen, 'n wenrekord van 48,69%.[9]

Fidji se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 12 November 2019)[9]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Argentinië Argentinië 4 1 3 0 25
Vlag van Australië Australië 22 2 19 1 9
 Britse Barbarians 2 0 2 0 0
Vlag van België België 1 1 0 0 100
Free Use British and Irish Lions flag.PNG Britse en Ierse Leeus 1 1 0 0 100
Vlag van Chili Chili 1 1 0 0 100
Vlag van Cookeilande Cookeilande 2 2 0 0 100
Vlag van Engeland Engeland 7 0 7 0 0
Vlag van Engeland Engeland XV 3 0 3 0 0
Vlag van Frankryk Frankryk 10 1 9 0 10
Vlag van Frankryk Frankryk XV 1 0 1 0 0
Vlag van Georgië Georgië 4 3 1 0 75
Vlag van Hongkong Hongkong 3 3 0 0 100
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 4 0 4 0 0
Vlag van Ierland Ierland XV 2 0 2 0 0
Vlag van Italië Italië 12 6 6 0 50
Vlag van Japan Japan 18 14 4 0 77,8
Vlag van Kanada Kanada 12 9 3 0 75
Vlag van Kanada Kanada XV 1 1 0 0 100
Vlag van Nieu-Seeland Klassieke All Blacks 1 1 0 0 100
Vlag van Nieu-Seeland Māori All Blacks 29 7 20 2 24,1
Vlag van Namibië Namibië 2 2 0 0 100
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 5 0 5 0 0
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland XV 5 0 5 0 0
Vlag van Niue Niue 1 1 0 0 100
Sjabloon:PNGru 3 3 0 0 100
Vlag van Portugal Portugal 2 2 0 0 100
Vlag van Roemenië Roemenië 3 2 1 0 66,7
Sjabloon:SALru 2 2 0 0 100
Vlag van Samoa Samoa 53 30 20 3 59,4
Vlag van Skotland Skotland 8 2 6 0 25
Vlag van Skotland Skotland XV 2 0 2 0 0
Vlag van Spanje Spanje 1 1 0 0 100
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 3 0 3 0 0
Vlag van Tonga Tonga 92 62 27 3 67,4
Vlag van Uruguay Uruguay 4 3 1 0 75
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 6 5 1 0 83,3
Vlag van Wallis Wallis 11 1 9 1 9,1
Vlag van Wallis Wallis XV 3 0 3 0 0
Totaal 345 168 167 10 48,69

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Kwarteindrondte
1991 Poelfase
1995 Geen deelname
1999 Kwarteindrondte uitspeelwedstryd
2003 Poelfase
2007 Kwarteindrondte
2011 Poelfase
2015 Poelfase
2019 Poelfase
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) FRU Appoints New Flying Fijians Head Coach
  2. (en) "Fiji / Match results". ESPN. Besoek op 4 September 2015.
  3. (en) "Fiji's Results – 1983". Besoek op 1 Julie 2015.
  4. (en) "Fiji's Results – 2005". Besoek op 1 Julie 2015.
  5. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 12 November 2019.
  6. (en) We quit: SRU Samoa Observer
  7. (en) TEIVOVO.COM – RUGBY HISTORY IN FIJI, besoek op 6 Oktober 2007
  8. (en) Teivovo – The first word in Fijian rugby, HISTORY OF RUGBY IN FIJI – The origins of the cibi, besoek op 6 Oktober 2007
  9. 9,0 9,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Fidji". ESPNscrum. Besoek op 12 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]