Franse nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Frankryk
France Rugby Logo.svg
Unie Franse Rugbyfederasie
Bynaam(e) Les tricolores of les bleus
Embleem Hoenderhaan
Stadion Stade de France, Parys
Afrigter(s) Fabien Galthié
Kaptein(s) Guilhem Guirado
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Fabien Pelous (118)
Meeste toetspunte Frédéric Michalak (436)
Meeste drieë Serge Blanco (38)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Frankryk Frankryk 8–38 Nieu-Seeland Vlag van Nieu-Seeland
(1 Januarie 1906)
Grootste oorwinning
Vlag van Namibië Namibië 10–87 Frankryk Vlag van Frankryk
(16 September 2007)
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 61–10 Frankryk Vlag van Frankryk
(9 Junie 2007)
Wêreldbeker
Verskynings 9 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Naaswenner in 1987, 1999 en 2011
Unie webwerf
www.ffr.fr

Die Franse nasionale rugbyspan is 'n nasionale sportspan wat Frankryk in internasionale rugby verteenwoordig. Rugby word in Frankryk deur die Franse Rugbyfederasie (FFR) geadministreer. Die Franse rugbyspan is tans (10 November 2019) sewende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[1] Frankryk neem jaarliks aan die Sesnasies-toernooi deel saam met Engeland, Ierland, Skotland, Italië en Wallis. Frankryk het die kampioenskap reeds 17 keer gewen, insluitend nege Grand Slams – en het nog agt ander kere die titel gedeel.

Franse rugby dateer terug na 1872 toe rugby deur Britse setlaars na Frankryk gebring is. Op Nuwejaarsdag 1906 het Frankryk sy eerste toetswedstryd teen Nieu-Seeland in Parys gespeel. Frankryk het toe sporadies teen die Tuisnasies begin speel, totdat die Franse in 1910 by die Tuisuniekampioenskap aangesluit het om die Vyfnasies te vorm. Frankryk het ook aan die rugbytoernooie van vroeë Olimpiese Somerspele deelgeneem, en die goue medalje in 1900 en twee silwermedaljes in die 1920's gewen. Die nasionale rugbyspan het in die 1950's en 1960's verdere suksesse behaal en die Vyfnasies in 1959 vir die eerste keer gewen. Hulle het hul eerste Grand Slam in 1968 ingepalm. Sedert die Rugbywêreldbekertoernooi in 1987 ingevoer is, het Frankryk by elke toernooi tot die uitklopfase gevorder. Hulle het die eindstryd drie keer gemaak, waar hulle in 1987 en 2011 teen die All Blacks en in 1999 teen Australië verloor het. Frankryk het die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied, waar hulle soos in Rugbywêreldbeker 2003 deur Engeland in die halfeindrondte uitgeskakel is. Frankryk sal ook as gasheer vir die komende Rugbywêreldbeker 2023 optree.

Frankryk speel tradisioneel in blou hemde met wit breuke en rooi sokkies, en die span word algemeen les tricolores of les bleus genoem. Die Franse embleem is 'n goue hoenderhaan op 'n rooi skild. Hul alternatiewe kleure bestaan uit 'n wit hemp met donkerblou breuke en sokkies. Frankryk se internasionale wedstryde word op verskeie plekke dwarsdeur die land gehuisves; die Stade de France in die Paryse voorstad Saint-Denis word tydens die Sesnasies-toernooi ingespan, en hulle het 'n indrukwekkende tuisrekord op die Stade Vélodrome in Marseille waar hulle net twee keer verloor het, teen Argentinië in 2004 en Nieu-Seeland in 2009. Tien voormalige Franse spelers is in die Internasionale Rugbyheldesaal opgeneem: Serge Blanco, André Boniface, Guy Boniface, Marcel Communeau, Jo Maso, Lucien Mias, Fabien Pelous, Jean Prat, Jean-Pierre Rives en Philippe Sella.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Franse nasionale rugbyspan voor die wedstryd teen Engeland in 1904
Die nasionale rugbyspan wat Frankryk tydens die Olimpiese Somerspele 1924 verteenwoordig het
Wedstryd tussen Argentinië en Frankryk in 1954, voorblad van El grafico
Frankryk huisves die All Blacks in die Stade de France, Saint-Denis, 2002
Frankryk teen Wallis tydens die Sesnasies-toernooi in 2007
Trui van die Franse rugbyspan tydens die Rugbywêreldbeker 2007 met die tradisionele hoenderhaan op

Rugby is in 1872 deur Britse handelaars en studente na Frankryk ingevoer.[2] Op Nuwejaarsdag 1906 het die nasionale span sy eerste toets teen Nieu-Seeland in Parys gespeel. Frankryk het sporadies teen die Britse Tuisunies gespeel totdat die land by hulle aangesluit het om 'n Vyfnasiestoernooi (vandag die Sesnasies-toernooi) in 1910 te vorm. Frankryk het ook aan die vroeë Olimpiese Somerspele deelgeneem toe rugby deel uitgemaak het van die toernooi — en met een goue medalje en twee silwer medaljes weggestap. Franse rugby het in die 1950's en 1960's na vore gekom toe hulle die eerste van baie Vyfnasiestitels gewen het. Die span het hulle eerste Grand Slam in 1968 en sedertdien talle ander titels gewen. Sedert die eerste Rugbywêreldbeker in 1987 het Frankryk elke keer vir die uitklopfase van die toernooi gekwalifiseer en drie keer in die eindstryd gespeel. In 1987 en 2011 het hulle teen die All Blacks verloor en in 1999 teen Australië. Frankryk was die gasheerland vir die Rugbywêreldbeker 2007.

Alhoewel Frankryk verteenwoordig is by die Olimpiese Somerspele 1900 (waar hulle die goue medalje gewen het),[3] het hulle eerste amptelike toets eers op Nuwejaarsdag 1906 teen die Nieu-Seelandse All Blacks in Parys plaasgevind.[4] Frankryk het daarna ook met ongereelde tussenposes teen die Tuisunies gespeel totdat hulle in 1910 by die spanne aangesluit het om die Vyfnasies toernooi te vorm. In 1913 het Frankryk vir die eerste keer teen Suid-Afrika se Springbokke gespeel in 'n wedstryd wat hulle 38–5 verloor het.[5] Frankryk het ook aan die Olimpiese Somerspele 1920 en 1924 deelgeneem waar die span in albei gevalle teen die VSA verloor het in die wedstryd om die goue medalje.[3]

Frankryk is in 1932 uit die Vyfnasies gesit na beskuldigings van professionalisme in die Franse ligas op 'n stadium toe rugby 'n streng amateursport was.[6][7] Frankryk wat gedwing is om teen swakker spanne te speel en het van 1931 tot 1936 'n lang reeks van agtereenvolgende oorwinnings behaal. Dit is tot vandag toe 'n ongeëwenaarde rekord.[8] Frankryk is daarna in 1939 genooi om na die Vyfnasies terug te keer maar kon tot 1947 nie internasionaal deelneem nie as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog.[7]

Franse rugby het na vore gekom in die 1950's en 1960's: die land het sy eerste Vyfnasiestoernooi gewen en 'n suksesvolle toer na Suid-Afrika onderneem.[7] Frankryk se eerste kampioenskap is in 1954 gewen toe die land die titel met Engeland en Wallis gedeel het.[9][7] Frankryk was vir die eerste keer die algehele wenner van die Vyfnasiestoernooi in 1959; die span het gewen met drie oorwinnings en 'n gelykopuitslag teen Engeland.[9]

Frankryk het in 1958 die eerste land geword om Suid-Afrika te besoek en 'n toetsreeks te wen. Die Springbokke het Parys in 1961 besoek in 'n reeks waarin die eerste toets nie voltooi is nie as gevolg van bakleiery tussen spelers op die veld. In 1961 het Frankryk na Nieu-Seeland en Australië getoer waar hulle albei toetse teen die All Blacks verloor het, maar het Australië se Wallabies verslaan. Hulle het hulle eerste Vyfnasies Grand Slam in 1968 gewen deur al vier die ander spanne in die kompetisie te verslaan. In die jare wat daarop gevolg het, het die span talle ander titels verower.[9]

In 1977 het hulle hul tweede Grand Slam gewen met 'n onveranderde span deur die hele toernooi.[9] Hulle het in die jaar ook daarin geslaag om die All Blacks in Toulouse te verslaan maar het later in Parys teen die besoekers verloor.[10] Op Bastilledag 1979 het hulle op Edenpark in Auckland vir die eerste keer daarin geslaag om die All Blacks in Nieu-Seeland te verslaan.[11]

In 1981 het die Franse hulle derde Grand Slam op Twickenham teen Engeland gewen.[9] In 1987 het hulle nog 'n Grand Slam verower op die vooraand van die eerste Rugbywêreldbeker wat deur Australië en Nieu-Seeland aangebied is. In daardie toernooi het hulle telkemale daarin geslaag om te wen nadat hulle ver agter was soos teen die Wallabies in die halfeindstryd om in die eindstryd teen die All Blacks op Edenpark, Auckland, te speel waar Frankryk 29–9 verloor het. Die jaar daarna het hulle die Vyfnasies met Wallis gedeel en dit ook in 1989 gewen.[9]

Frankryk het van die wedstryde aangebied tydens die Rugbywêreldbeker 1991, maar het uitgeval toe hulle in die kwarteindstryd deur Engeland op Parc des Princes (Parys) verslaan is. Hulle het 'n Vyfnasiestoernooi in die vroeë 1990's, in 1993 gewen. Die volgende jaar het Frankryk 'n toetsreeks met 2–0 in Nieu-Seeland gewen.[12] Hulle is in die halfeindstryd van die Rugbywêreldbeker 1995 deur die uiteindelik kampioen, Suid-Afrika, geklop, maar het wel daarin geslaag om die derde plek te behaal deur Engeland in die bronseindstryd te klop. In 1997 en 1998 het Frankryk in opeenvolgende jare Grand Slams gewen. By die Rugbywêreldbeker 1999 het hulle die toernooigunstelinge, die All Blacks, in die halfeindstryd met 43–31 geklop, maar in die eindstryd teen die Wallabies verloor.[9]

Die Vyfnasies-toernooi is in 2000 uitgebrei om Italië in te sluit. In die huidige Sesnasies-toernooi het Frankryk in 2002 'n Grand Slam behaal.[9] By die Rugbywêreldbeker 2003 in Australië het hulle vir die halfeindstryd gekwalifiseer waar hulle deur die uiteindelike kampioen Engeland verslaan is. In 2004 het hulle 'n tweede Sesnasies Grand Slam gewen, gevolg deur 'n Kampioenskapsoorwinning in 2006 en suksesvolle verdediging van die titel in 2007.[9]

Tydens die openingswedstryd van die Rugbywêreldbeker 2007 het Argentinië Frankryk 17–12 geklop. Die gasheer het na 'n 25–3-oorwinning oor Ierland egter tot die kwarteindrondte gevorder. Nadat hulle die All Blacks 20–18 verslaan het, het Frankryk die halfeindstryd teen Engeland 14–9 verloor. In die bronseindstryd het Frankryk 'n tweede keer teen Argentinië (34–10) verloor. In 2010 het Frankryk sy negende Grand Slam ingepalm.

Tydens die Rugbywêreldbeker 2011 het Frankryk Wallis 9–8 in die halfeindstryd op Edenpark, Auckland, verslaan, maar in die volgende week het hulle 8–7 teen die All Blacks in die eindstryd verloor en vir die derde keer as naaswenners geëindig.[13]

Tydens die Rugbywêreldbeker 2015 is Frankryk in die kwarteindstryd 62–13 deur die latere kampioen Nieu-Seeland verslaan.

Tydens die Rugbywêreldbeker 2019 is Frankryk in die kwarteindstryd 20–19 deur Wallis verslaan.

Rekords[wysig | wysig bron]

Sesnasierekord[wysig | wysig bron]

Frankryk se enigste jaarlikse toernooi is die Sesnasies-toernooi waar hulle teen vyf ander Europese nasies speel: Engeland, Ierland, Italië, Skotland en Wallis. Die Sesnasies het begin as die Tuisnasieskampioenskap in 1883 en Frankryk het in 1910 by hulle aangesluit om sodoende die Vyfnasies te vorm. In 1932 is Frankryk uit die toernooi gesit en kon eers weer in 1947 heraansluit. Frankryk het die titel tot dusver 17 keer gewen en die kampioenskap agt keer gedeel. Hulle het tot dusver met nege Grand Slams weggestap.

  Vlag van Engeland Engeland Vlag van Frankryk Frankryk Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Italië Italië Vlag van Skotland Skotland Vlag van Wallis Wallis
Toernooie 123 90 125 20 125 125
Regstreekse oorwinnings
(Gedeelde oorwinnings)
Tuisnasies 5 (4) N.v.t. 4 (4) N.v.t. 10 (3) 7 (4)
Vyfnasies 17 (6) 12 (8) 6 (5) N.v.t. 5 (6) 15 (8)
Sesnasies 6 5 4 0 0 5
Algeheel 28 (10) 17 (8) 14 (9) 0 (0) 15 (9) 27 (12)
Grand Slams
Tuisnasies 0 N.v.t. 0 N.v.t. 0 2
Vyfnasies 11 6 1 N.v.t. 3 6
Sesnasies 2 3 1 0 0 4
Algeheel 13 9 3 0 3 12
Driekrone
Tuisnasies 5 N.v.t. 2 N.v.t. 7 6
Vyfnasies 16 N.v.t. 4 N.v.t. 3 11
Sesnasies 4 N.v.t. 5 N.v.t. 0 4
Algeheel 25 N.v.t. 11 N.v.t. 10 21
Houtlepel
Tuisnasies 11 N.v.t. 15 N.v.t. 8 8
Vyfnasies 14 17 21 N.v.t. 21 12
Sesnasies 0 1 0 14 4 1
Algeheel 25 18 36 14 33 21

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Frankryk se plek op die wêreldranglys die afgelope jare

Frankryk het teen 10 November 2019 412 van hulle 766 toetswedstryde gewen, 'n wenrekord van 53,79%.[14]

Frankryk se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 10 November 2019)[14]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Argentinië Argentinië 52 37 14 1 71,2
Vlag van Australië Australië 47 18 27 2 38,3
British and Irish Lions flag.svg Britse en Ierse Leeus 1 0 1 0 0
 Britse Leër 2 1 1 0 50
 Britse Ryk-magte 1 0 1 0 0
 British Rykdienste 1 1 0 0 100
Vlag van Duitsland Duitsland 15 13 2 0 86,7
Vlag van Engeland Engeland 105 40 58 7 38,1%
Vlag van Fidji Fidji 10 9 1 0 90,0
Vlag van Georgië Georgië 1 1 0 0 100
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 99 57 35 7 57,1
Vlag van Ierland Ierland XV 1 1 0 0 100
Vlag van Italië Italië 42 39 3 0 92,9
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 1 1 0 0 100
Vlag van Japan Japan 4 3 0 1 75
Vlag van Kanada Kanada 9 8 1 0 88,9
 Kiwis 1 0 1 0 0
 Māori All Blacks 1 0 1 0 0
Vlag van Namibië Namibië 2 2 0 0 100
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 61 12 48 1 19,7
  Pasifiese Eilanders 1 1 0 0 100
Vlag van Roemenië Roemenië 50 40 8 2 80
Vlag van Samoa Samoa 4 4 0 0 100
Vlag van Skotland Skotland 95 55 37 3 57,9
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 44 11 27 6 25
Vlag van Tonga Tonga 6 4 2 0 66,7%
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 2 2 0 0 100
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 8 7 1 0 87,5
Vlag van Wallis Wallis 100 45 52 3 46,5
Vlag van Wallis Wallis XV 2 1 1 0 50
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 1 1 0 0 100
Totaal 766 412 321 33 53,79

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Naaswenner
1991 Kwarteindrondte
1995 Derde plek
1999 Naaswenner
2003 Vierde plek
2007 Vierde plek
2011 Naaswenner
2015 Kwarteindrondte
2019 Kwarteindrondte
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 10 November 2019.
  2. (en) Chris Thau (14 November 2006). "100 years of French Test rugby: part one". International Rugby Board. Besoek op 29 Maart 2007.
  3. 3,0 3,1 (en) "Rugby at the 1924 Olympics". Rugby Football History. Besoek op 4 Maart 2007.
  4. (en) "8th All Black Test : 88th All Black Game". allblacks.com. Besoek op 30 Maart 2007.
  5. (en) "South Africa vs France > Games Played". rugbydata.com. Besoek op 17 Mei 2007.
  6. (en) "2/3/4/5/6 Nations Winners". Rugby World. Besoek op 4 Maart 2007.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 (en) "Six Nations history". BBC Sport. 28 Januarie 2002. Besoek op 2 April 2007.
  8. (en) "France > Most Wins in a row". rugbydata.com. Besoek op 17 Mei 2007.
  9. 9,0 9,1 9,2 9,3 9,4 9,5 9,6 9,7 9,8 (en) "Six Nations roll of honour". BBC Sport. Besoek op 2 April 2007.
  10. (en) "1977 in France". allblacks.com. Besoek op 2 April 2007.
  11. (en) "184th All Black Test : 753rd All Black Game". allblacks.com. Besoek op 2 April 2007.
  12. (en) "1994 France in New Zealand". allblacks.com. Besoek op 2 April 2007.
  13. (en) The Telegraph. Besoek op 15 Oktober 2011.
  14. 14,0 14,1 (en) "International Rugby Union Statistics – France". ESPNscrum. Besoek op 10 November 2019.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]