Italiaanse nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Italië
Federazione Italiana Rugby.jpg
Unie Italiaanse Rugbyfederasie
Bynaam(e) Gli Azzurri
Stadion Stadio Olimpico
Kapasiteit 70 634
Afrigter(s) Vlag van Ierland Conor O'Shea
Kaptein(s) Sergio Parisse
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Sergio Parisse (142)
Meeste punte Diego Dominguez (983)
Meeste drieë Marcello Cuttitta (25)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Spanje Spanje 9 – 0 Vlag van Italië Italië
(20 Mei 1929)
Grootste oorwinning
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 8 – 104 Italië Vlag van Italië
(18 Mei 1994)
Grootste nederlaag
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 101 – 0 Italië Vlag van Italië
(19 Junie 1999)
Wêreldbeker
Verskynings 9 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Twee seges in 2003, 2007, 2011, 2015, 2019
Unie webwerf
www.federugby.it

Die Italiaanse nasionale rugbyspan verteenwoordig Italië in rugby en staan ook bekend as gli Azzurri (Italiaans vir: "die Hemelbloues"). Savojeblou is die gewone kleur van die nasionale spanne wat Italië verteenwoordig, aangesien dit die tradisionele kleur was van die Huis van Savoje wat van 1860 tot 1946 oor die Koninkryk Italië regeer het. Rugby word in Italië deur die Italiaanse Rugbyfederasie geadministreer.

Italië speel teen Wallis tydens die Sesnasies-toernooi in 2007 op Stadio Flaminio, Rome

Italië speel sedert 1929 internasionale rugby en het hulle eerste toets teen Spanje daardie jaar beslis. Italië is oor dekades as een van die sterkste Europese spanne buite die destydse Vyfnasies-toernooi beskou. Sedert 2000 neem Italië jaarliks aan die Sesnasies-toernooi deel saam met Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis. In 2013 kon Italië die Giuseppe Garibaldi-trofee, wat jaarliks tussen Frankryk en Italië tydens die Sesnasies-toernooi uitgespeel word, inpalm. Die Italiaanse rugbyspan is tans (16 November 2019) twaalfde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[1]

Italiaanse rugby het in 2000 momentum verkry toe die nasionale span by die Vyfnasies-toernooi aangesluit het om die Sesnasies-toernooi te vorm. Hulle moes in die eerste jare binne die toernooi swaar nederlae verduur, maar in onlangse jare kon die span sy mededinging verbeter, met vierde plekke in onderskeidelik 2007 en 2013, en eensydige nederlae het minder geword. Die Azzurri het tuis al respekvolle resultate gelewer: hulle kon Frankryk 22–21 tydens die 2011-Sesnasies klop; en tydens die 2013-Sesnasies weer Frankryk 23–18 verslaan,[2] en ook Ierland 22–15 verslaan.[3] Italië kon egter sedert hul 22–19 wegwen teen Skotland in die derde rondte van die 2015-toernooi nie meer 'n wedstryd wen nie; dit is gelykstaande aan 'n verloorreeks van 22 wedstryde.

Die Italiaanse span het ook aan elke Rugbywêreldbeker wat sedert 1987 gehou is, deelgeneem, en in die eerste openingswedstryd teen Nieu-Seeland (70–6) te staan gekom. Italië kon egter nog nie tot die uitklopfase vorder nie. Die span het 'n reputasie as 'n konstante middelste speler by die toernooi ontwikkel. Italië se resultate sedert die invoering van 'n nuwe groepformaat tydens die Rugbywêreldbeker 2003 bestaan uit 'n konsekwente vertoning van twee oorwinnings en twee nederlae tydens elke toernooi.

Die huidige hoofafrigter is Conor O'Shea en die kaptein is die agsteman Sergio Parisse.[4]

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Italië se plek op Wêreldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot op hede

Italië het teen 16 November 2019 186 van hulle 504 toetswedstryde gewen, 'n wenrekord van 36,90%.[5]

Italië se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 16 November 2019)[5]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Argentinië Argentinië 22 5 16 1 22,73
Vlag van Australië Australië 18 0 18 0 0
Vlag van Australië Australië XV 2 0 2 0 0
Vlag van België België 2 2 0 0 100
Vlag van Bulgarye Bulgarye 1 1 0 0 100
Vlag van Cookeilande Cookeilande 1 0 1 0 0
Vlag van Duitsland Duitsland 6 2 4 0 33,33
Vlag van Engeland Engeland 26 0 26 0 0
Vlag van Engeland Engeland XV 1 0 0 1 0
Vlag van Engeland Engeland B 1 0 1 0 0
Vlag van Engeland Engeland o/23 3 1 1 1 33,33
Vlag van Fidji Fidji 12 6 6 0 50
Vlag van Frankryk Frankryk 42 3 39 0 7,14
Vlag van Frankryk Frankryk XV 30 1 28 1 3,33
Vlag van Frankryk Frankryk Espoirs 1 0 1 0 0
Vlag van Georgië Georgië 2 2 0 0 100
 Goue Leeus 1 0 1 0 0
 Grens Bulldogs 1 0 1 0 0
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 31 4 27 0 12,90
Vlag van Japan Japan 8 6 2 0 75
Vlag van Kanada Kanada 9 7 2 0 77,78
Vlag van Katalonië Katalonië 2 1 0 1 50
Vlag van Kroasië Kroasië 1 1 0 0 100
 Luiperds 3 2 1 0 66,67
Vlag van Madagaskar Madagaskar 2 2 0 0 100
Vlag van Marokko Marokko 8 6 2 0 75
 Middlesex 1 0 1 0 0
Vlag van Namibië Namibië 4 2 2 0 50
 Natalse Haaie 1 0 1 0 0
Vlag van Nederland Nederland 4 4 0 0 100
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 14 0 14 0 0
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland XV 1 0 1 0 0
Vlag van Nieu-Seeland Junior All Blacks 1 0 1 0 0
 Noordelike Vrystaat 1 0 1 0 0
 Noordoos-Kaap 1 0 1 0 0
 Oxfordshire 1 0 1 0 0
Flag of rugby Pacific Islanders.svg Pasifiese Eilanders 1 0 1 0 0
Vlag van Pole Pole 7 6 1 0 85,71
Vlag van Portugal Portugal 12 10 1 1 83,33
 Pumas 1 0 1 0 0
Vlag van Roemenië Roemenië 42 23 16 3 54,76
Vlag van Rusland Rusland 5 5 0 0 100
Vlag van Samoa Samoa 7 2 5 0 28,57
Vlag van Serwië Serwië 3 3 0 0 100
Vlag van Skotland Skotland 30 8 22 0 26,66
Vlag van Skotland Skotland A 3 1 2 0 33,33
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 14 4 9 1 28,57
Vlag van Spanje Spanje 27 23 3 1 85,19
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 14 1 13 0 7,14
 Sussex 1 0 1 0 0
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 1 1 0 0 100
Vlag van Tsjeggo-Slowakye Tsjeggo-Slowakye 12 10 1 1 83,33
Vlag van Tonga Tonga 5 3 2 0 60
Vlag van Tunisië Tunisië 3 3 0 0 100
Vlag van Uruguay Uruguay 3 3 0 0 100
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 5 5 0 0 100
Vlag van Wallis Wallis 27 2 24 1 9,25
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 14 13 0 1 92,86
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 3 3 0 0 100
Totaal 504 186 304 14 36,90

Sesnasierekord[wysig | wysig bron]

  Vlag van Engeland Engeland Vlag van Frankryk Frankryk Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Italië Italië Vlag van Skotland Skotland Vlag van Wallis Wallis
Toernooie 123 90 125 20 125 125
Regstreekse oorwinnings
(Gedeelde oorwinnings)
Tuisnasies 5 (4) N.v.t. 4 (4) N.v.t. 10 (3) 7 (4)
Vyfnasies 17 (6) 12 (8) 6 (5) N.v.t. 5 (6) 15 (8)
Sesnasies 6 5 4 0 0 5
Algeheel 28 (10) 17 (8) 14 (9) 0 (0) 15 (9) 27 (12)
Grand Slams
Tuisnasies 0 N.v.t. 0 N.v.t. 0 2
Vyfnasies 11 6 1 N.v.t. 3 6
Sesnasies 2 3 1 0 0 4
Algeheel 13 9 3 0 3 12
Driekrone
Tuisnasies 5 N.v.t. 2 N.v.t. 7 6
Vyfnasies 16 N.v.t. 4 N.v.t. 3 11
Sesnasies 4 N.v.t. 5 N.v.t. 0 4
Algeheel 25 N.v.t. 11 N.v.t. 10 21
Houtlepel
Tuisnasies 11 N.v.t. 15 N.v.t. 8 8
Vyfnasies 14 17 21 N.v.t. 21 12
Sesnasies 0 1 0 14 4 1
Algeheel 25 18 36 14 33 21

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Poelfase
1991 Poelfase
1995 Poelfase
1999 Poelfase
2003 Poelfase
2007 Poelfase
2011 Poelfase
2015 Poelfase
2019 Poelfase
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 16 November 2019.
  2. (en) "Rugby Union – ESPN Scrum – Italy v France at Rome". ESPNscrum.
  3. (en) "Rugby Union – ESPN Scrum – Italy v Ireland at Rome". ESPNscrum.
  4. (en) "Rugby Union – Italy – List of captains – ESPN Scrum". ESPNscrum.
  5. 5,0 5,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Italy". ESPNscrum. Besoek op 16 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]