Ivoriaanse nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ivoorkus
Flag of Côte d'Ivoire.svg
Unie Fédération Ivoirienne de Rugby
Bynaam(e) Les Éléphants (Die olifante)
Stadion Stade Félix Houphouët-Boigny, Abidjan
Kapasiteit 50 000
Afrigter(s) Andre Adopo
Kaptein(s) Charles Zamble
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 22–9 Ivoorkus Vlag van Ivoorkus
(5 Mei 1990)
Grootste oorwinning
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 83–3 Mauritius Vlag van Mauritius
(26 Junie 2013)
Grootste nederlaag
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 0–89 Skotland Vlag van Skotland
(26 Mei 1995)
Wêreldbeker
Verskynings 1 (Eerste in 1995)
Beste uitslag Laaste in poel 1995

Die Ivoriaanse nasionale rugbyspan is een van die klein internasionale spanne wat in rugby meeding. Hulle staan ook bekend as Les Éléphants (Frans vir: "die olifante"). Ivoorkus neem jaarliks deel aan die Afrikabeker. Hulle het tot dusver vir een Rugbywêreldbeker kwalifiseer, in 1995 in Suid-Afrika, maar kon nie een van hul drie mededingers (Frankryk, Skotland en Tonga) klop nie en het net die laaste plek in die poelfase bereik. Hul wedstryd teen Tonga is deur 'n ongeluk oorskadu, waarby drie minute ná die afskop die Ivoriaanse vleuel Max Brito deur verskeie ander spelers gekneus is, wat hom van die nek af laat verlam het.[1]

Die sport is gewild onder skoolseuns maar die rugbyspelende publiek in Ivoorkus is steeds relatief klein met net 14 klubs en ongeveer 470 geregistreerde senior spelers.[2] Die meeste Ivoriaanse rugbyspelers spel vir 'n span in die Franse Top 14-liga en net sommige vir plaaslike rugbyspanne in Ivoorkus. Die Ivoriaanse rugbyspan is tans (18 November 2019) 43ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[3]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Ivoriaanse nasionale rugbyspan by die Stade Felix Houphouet-Boigny voor hul Rugbywêreldbeker 2011-kwalifisering teen Zambië op 21 Julie 2008. Ivoorkus het met 32–9 gewen.
Die veeldoelige Stade Félix Houphouët-Boigny in Abidjan, tuiste van die Ivoriaanse rugbyspan

Die Ivoriaanse Rugbyfederasie is in Maart 1990 gestig en het in dieselfde maand by die Internasionale Rugbyraad aangesluit. Hulle het in 1995 vir hul eerste rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer, maar is in die poelfase deur Skotland, Frankryk en Tonga verslaan.

As gevolg van 'n klein spelerpoel en die gebrek aan mededinging het die span oor die onlangse jare agteruitgegaan. Onlangse nederlae teen Marokko beteken dat hulle laer as dié Noord-Afrikaanse span geranglys is. Hul prestasie by die Rugbywêreldbeker was swak en hulle kon nie 'n oorwinning aanteken nie. Hul rekordnederlaag, 89–0 teen Skotland tydens die Rugbywêreldbeker 1995, het daartoe gelei dat die kleiner spanne se teenwoordigheid by die toernooi bevraagteken is. Ivoorkus het in die volgende wedstryd teen Frankryk egter beter vertoon en 54–18 teen Frankryk verloor; hulle kon twee drieë druk. Die laaste wedstryd teen Tonga, 'n 29–11-nederlaag, het 'n groot tragedie gesien, toe Max Brito 'n letsel aan die servikale ruggraat opgedoen het wat hom van die nek af laat verlam het.

Na die Rugbywêreldbeker 1995 het Ivoorkus hulself vir drie jaar van alle internasionale toernooie onttrek, en eers weer vir die Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering in September 1998 teruggekeer. Ivoorkus se prestasie was swak, toe hulle al hul drie wedstryde teen Namibië (10–22), Zimbabwe (0–32) en Marokko (3–6), tydens 'n toernooi in Casablanca, Marokko, verloor het.

Na 'n verdere onderbreking vir twee en 'n halwe jaar het die Olifante in 2001 vir die Afrikakampioenskap teruggekeer, maar albei wedstryde teen Marokko verloor: 11–18 tuis en 18–20 weg; en teen Tunisië 'n 11–11-gelykop weg en 'n 46–0-oorwinning tuis aangeteken.

Ivoorkus het die Rugbywêreldbeker 2003-kwalifisering na twee nederlae teen Tunisië (8–13) en Marokko (21–23) misgeloop. Tydens die Rugbywêreldbeker 2007-kwalifisering het hulle met twee oorwinnings teen Senegal (20–6) en Zimbabwe (33–3) belowend begin, maar gemengde resultate teen Marokko – 'n 9–9-gelykop tuis en 'n 7–23-nederlaag weg – en Uganda – met 'n 7–32-nederlaag weg en 'n 18–9-oorwinning tuis – behaal en is vervolgens uitgeskakel.

Ivoorkus het tot die halfeindstryd van die Rugbywêreldbeker 2011-kwalifisering, na 'n 21–9-oorwinning oor Marokko in Casablanca, gevorder. Hulle het toe teen Namibië te staan gekom en 'n 13–13-gelykop in Abidjan behaal, maar 14–54 in Windhoek verloor, en het dus die toernooi weereens misgeloop.

Tydens die Rugbywêreldbeker 2015-kwalifisering is Ivoorkus in die groepfase uitgeskakel, nadat hulle as naaswenner in 'n vyf-span-groep geëindig het. Elke span het net twee wedstryde elk gespeel, dus het Ivoorkus ondanks twee oorwinnings agter Botswana geëindig, wat ook albei sy wedstryde kon wen.

Tydens die Rugbywêreldbeker 2019-kwalifisering is Ivoorkus tydens die eindstryd van die Afrikasilwerbeker op 8 Julie 2017 deur Marokko in Casablanca 8–3 geklop en kon dus nie tot die Goue beker vir die laaste rondte van die kwalifisering vorder nie.

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Ivoorkus het teen 18 November 2019 24 van hulle 56 toetswedstryde gewen, 'n wenrekord van 45,53%.[4]

Ivoorkus se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 18 November 2019)[4]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Sjabloon:ALGru 2 0 2 0 0
Vlag van Frankryk Frankryk 1 0 1 0 0
Sjabloon:CMRru 1 1 0 0 100
Vlag van Kenia Kenia 1 0 1 0 0
Vlag van Madagaskar Madagaskar 2 0 2 0 0
Vlag van Marokko Marokko 13 2 10 1 19,23
Vlag van Namibië Namibië 4 1 2 1 37,50
Sjabloon:NGRru 1 1 0 0 100
Vlag van Senegal Senegal 6 5 1 0 80
Vlag van Skotland Skotland 1 0 1 0 0
Vlag van Tonga Tonga 1 0 1 0 0
Vlag van Tunisië Tunisië 8 5 2 1 68,75
Vlag van Uganda Uganda 2 1 1 0 50
Vlag van Zambië Zambië 2 2 0 0 100
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 4 2 2 0 50
Totaal 56 24 29 3 45,53

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Poelfase
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Irwin, Pirate (4 Oktober 2007). "Max Brito at end of tether after 12-year struggle". Mail & Guardian. Besoek op 18 November 2019.
  2. (en) "Ivory Coast". International Rugby Board. Besoek op 7 Desember 2010.
  3. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 18 November 2019.
  4. 4,0 4,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Ivory Coast". ESPNscrum. Besoek op 18 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]