Kanadese nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kanada
Rugby Canada logo.svg
Unie Rugby Kanada
Bynaam(e) Canucks, Les Rouges
Embleem die Esdoringblaar
Stadion BMO Field, Toronto
Kapasiteit 25 000
President Tim Powers
Afrigter(s) Vlag van Wallis Kingsley Jones
Kaptein(s) Tyler Ardron
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Al Charron (76)
Meeste toetspunte James Pritchard (584)
Meeste drieë Winston Stanley (24)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Japan Japan 9–8 Kanada Vlag van Kanada
(31 Januarie 1932)
Grootste oorwinning
Vlag van Kanada Kanada 71–3 Barbados Vlag van Barbados


(24 Junie 2006)

Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 70–0 Kanada Vlag van Kanada
(13 November 2004)
Wêreldbeker
Verskynings 9 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Kwarteindrondte in 1991
Unie webwerf
www.rugby.ca

Die Kanadese nasionale rugbyspan verteenwoordig Kanada in internasionale rugby. Die span word bestuur deur Rugby Canada, en die span speel gewoonlik in rooi en swart. Die Kanadese rugbyspan is tans (13 November 2019) 21ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[1] Die span neem jaarliks deel aan Wêreldrugby se Stille Oseaan Nasiesbeker teen Fidji, Japan, Samoa, Tonga en die Verenigde State. Kanada neem ook gereeld aan die Amerikaanse Kampioenskap deel, saam met Argentinië XV, Brasilië, Chili, Uruguay en die Verenigde State. Kanada vorm tradisioneel een van die sterkste rugbyspanne in die Amerikas en het tot dusver aan elke rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem sedert die toernooi vir die eerste keer in 1987 gehou is; Kanada se beste uitslag in die Wêreldbeker tot dusver was om die kwarteindstryd te bereik in 1991.

Die BMO Field in Toronto, Ontario, tuiste van Kanadese rugby

Kanada speel reeds sedert die 1930's internasionale rugby en die land het sy debuut in 1932 teen Japan gemaak. Die reuse grootte van Kanada beteken dat rugbytalent oor die land verstrooi is wat afrigters en keurders se taak bemoeilik. Die Kanadese klimaat is ook vir groot dele van die jaar in baie dele van die land nie geskik vir die speel van rugby nie. Kanada was een die sterkste Noord-Amerikaanse krag in internasionale rugby en die tweede op die Amerikaanse vasteland, en is tans die vierde sterkste na Argentinië, die Verenigde State en Uruguay. Die span het al oorwinnings oor tradisioneel sterk spanne van die Sesnasies-toernooi soos Frankryk, Wallis, Italië en Skotland in onlangse jare aangeteken.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Beginjare[wysig | wysig bron]

Rugby is in die 1860's deur immigrante, lede van die regimentsleërs en die Royal Navy in Halifax, Nova Scotia, en Esquimalt, Brits-Columbië na Kanada ingevoer.[2] Hoewel rugby aan beide kuste gefloreer het, is die eerste rugbywedstryd in Kanada waarskynlik in 1864 tussen artilleriesoldate in Montreal gespeel. In 1864 het Trinity College in Toronto die eerste rugbyreëls in Kanada gepubliseer. Die eerste wedstryd aan die weskus is in 1876 op Vancouver-eiland gespeel tussen lede van die vloot en leër wat op die eiland gestasioneer was. In 1889 is die eerste rugbywedstryd op die vasteland van Brits-Columbië gespeel.[3] In 1874 het die eerste Noord-Amerikaanse internasionale wedstryd in Cambridge, Massachusetts, tussen McGill en Harvard-universiteite plaasgevind. Later in die selfde jaar is 'n tweede wedstryd gespeel, maar die keer was Harvard die gashere en is die wedstryd volgens vroeë "Amerikaanse Voetbalreëls" gespeel. Vandag sit McGill Universitiet en Harvard Universiteit die tradisie van die oudste jaarlikse sportkompetisie in Noord-Amerika voort en ding hulle mee om die Covo-Beker, op alternerende wedstrydplekke elke November, volgens die oorspronklike reëls van rugbyvoetbal. McGill Universiteit kan dus aanspraak maak daarop om die oudste rugbyklub in Kanada te wees. Die oudste onafhanklike rugbyklub, wat steeds aktief is, is die Westmount Rugbyvoetbalklub.[4] Die eerste provinsiale wedstryd is ook in 1874 tussen Ontario en Quebec gespeel.[2]

'n Kanadese Rugbyvoetbalunie is in 1884 gestig.[verwysing benodig] Die organisasie het egter in die Canadian Football League ontwikkel soos rugby in Kanada in Kanadese voetbal ontwikkel het. In 1889 is die Brits-Columbië Rugbyunie gevorm. Dit is gevolg deur die stigting van die Halifax Voetbalklub aan die ooskus in 1870. In die 1880's is baie ander klubs aan die oos- en weskus gevorm en in 1890 is die Maritime Provinsiesrugbyunie gevorm. In die Kanadese prairie-state is rugby tot Winnipeg beperk tot die 1880's toe die North West Mounted Police en die Moosomin klubs gevorm is om teen St. John's Kollege en Winnipeg te speel. In 1892 is die Manitoba Rugbyvoetbalklub gevorm en in die 1890's is die spel na Alberta en Saskatchewan deur die North West Mounted Police uitgevoer.[2]

In 1902–1903 het die eerste Kanadese span Brittanje besoek. Op 23 Oktober 1902 het Kanada teen Frankryk gespeel en gewen.[5] In 1909 het Lord Earl Grey, toe Goewerneur-Generaal van Kanada 'n trofee aan die CRU geskenk wat aan die Rugbyvoetbalkampioenskap van Kanada toegeken moes word. Dié trofee het as die Grey Cup bekend geword. Die reëls in Kanada was egter geweldig verskillend van die reëls wat gebruik is lande wat deel was van die Internasionale Rugbyraad. In die jare wat gevolg het sou die CRU vorentoe aangee wettig maak en ander veranderings implementeer wat Kanadese voetbal 'n geheel en ander sport laat word het.

Tussenoorlogse tydperk[wysig | wysig bron]

Gedurende die Eerste - en Tweede Wêreldoorlog is die speel van rugby onderbreek en van 1914 tot 1919 was daar slegs in Brits-Columbië en Nova Scotia genoeg spanne wat aktief gebly het om op semi-gereelde basis wedstryde te speel. In die tussenoorlogse tydperk was daar in Kanada ietwat van 'n herlewing. In 1919 het 'n Canadian Services-span oorsee teen verteenwoordigers van Engeland, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Australië gespeel. Die oorspronklike Kanadese Rugbyunie het net voor die Eerste Wêreldoorlog ontbind. Die stigting van die Rugbyunie van Kanada het in 1929 plaasgevind en is 'n jaar later gevolg deur 'n toer na Japan deur 'n verteenwoordigende Kanadese span in 1932 wat daarop gemik was handel tussen die twee lande te bevorder. Omtrent die helfte van die span was Kanadees-gebore, meestal uit Brits-Columbië en die res was oorspronklik van Brittanje. Kanada het 9-8 en 38-5 in die twee toetse teen Japan verloor.

Na-oorlogse tydperk[wysig | wysig bron]

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het rugbydeelname oral in Kanada drasties afgeneem. Wedstryde wat wel gespeel is het meestal lede van die Britse Statebondmagte betrek. In 1949 was daar slegs drie aktiewe provinsiale unies: Brits-Columbië, Ontario en Quebec.

In 1962 het Kanada na die Verenigde Koninkryk getoer met 'n span wat oorheers is met spelers uit Brits-Columbië. Die Rugbyunie van Kanada is in 1965 herstig as die Canadian Rugby Union. Die 1966 Britse Leeus het 'n nie-toetswedstryd in Toronto gespeel oppad terug van Australië en Nieu-Seeland, 'n wedstryd wat die Leeus 19-8 gewen het.

Moderne era[wysig | wysig bron]

Die span van Kanada tydens die sing van die volksliedere in die span se wedstryd teen Wallis op 9 September 2007 tydens die Rugbywêreldbeker
Kanada oppad om 'n drie te druk teen Wallis in hulle poel B wedstryd tydens die Rugbywêreldbeker 2007
Die Kanadese nasionale rugbyspan nadat hulle tydens die Rugbywêreldbeker 2007 'n oorwinning aangeteken het

Kanada was een van die 16 nasies wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) uitgenooi is om in die eerste Rugbywêreldbeker in 1987, wat deur Australië en Nieu-Seeland aangebied is. Kanada is in dieselfde groep as Wallis, Ierland en Tonga in Poel 2 geloot. In hulle heel eerste Rugbywêreldbeker het hulle Tonga 37-4 verslaan. Hulle het egter die res van hulle wedstryde teen Ierland 46-19 en Wallis 40-9 verloor om derde in die poel te eindig wat beteken het dat hulle nie na die kwarteindstryd deurgedring het nie.

Kanada moes vir die Rugbywêreldbeker 1991 kwalifiseer, en het aan die Amerika-toernooie deelgeneem om dit reg te kry. Kanada het eerste geëindig om vir Poel D te kwalifiseer om daar teen Frankryk, Roemenië en Fidji deel te neem. Kanada het met Fidji en Roemenië afgereken maar 19-13 teen Frankryk verloor om tweede in die poel te eindig en na die kwarteindstryd deur te dring. Hulle is in die kwarteindstryd deur die All Blacks uitgeskakel met 'n 29-13 oorwinning deur Nieu-Seeland in Lille.

In 'n beroemde wedstryd op 10 November 1993 het hulle Wallis 26-24 by Cardiff Arms Park geklop; en Frankryk op 4 Junie 1994 18-16 by Twin Elms Rugby Park in Nepean, Ontario, geklop. Op 27 Junie 2000 het hulle 27-27 gelykop gespeel teen Ierland by Markham, Ontario. In 2002 het hulle 'n 26-23 oorwinning teen Skotland in Vancouver, Brits-Columbië, op 15 Junie behaal. Die oorwinning oor Skotland was die eerste van sewe oorwinnings voor hulle teen Wallis in Cardiff verloor het.

Kanada kon in ses wedstryde nie daarin slaag om Engeland te klop nie. Hulle het egter reeds elf keer teen Engeland se nasionale XV, B span, en Onder-23 spanne gespeel. Die vernaamste uitslag was 'n 15-12-oorwinning oor 'n sterk Engeland XV op 29 Mei 1993 by Swangard Stadion in Burnaby. Ongelukkig vir die Kanadese het die Engelse bestuur op die vooraand van die wedstryd besluit om die wedstryd nie as 'n toets te beskou nie (aangesien sommige van hulle spelers saam met die Britse en Ierse Leeus op toer in Nieu-Seeland was.) Verder het Kanada voor hulle die amptelike span van Skotland in 2002 geklop het, het hulle 'n Skotland XV 24-19 op 25 Mei 1991 by Saint John, Nieu-Brunswyk, verslaan.

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Kanada se plek op die wêreldranglys die afgelope jare

Kanada het teen 13 November 2019 107 van hulle 274 toetswedstryde gewen, 'n wenrekord van 40,14%.[6]

Kanada se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 12 November 2019)[6]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Argentinië Argentinië 9 3 6 0 33,3
Vlag van Australië Australië 6 0 6 0 0
Vlag van Barbados Barbados 1 1 0 0 100
Vlag van België België 1 1 0 0 100
Vlag van Brasilië Brasilië 4 2 2 0 50
 Britse Barbarians 2 0 1 1 0
Free Use British and Irish Lions flag.PNG Britse en Ierse Leeus 1 0 1 0 0
Vlag van Chili Chili 6 6 0 0 100
Vlag van Duitsland Duitsland 1 1 0 0 100
Vlag van Engeland Engeland 6 0 6 0 0
Vlag van Engeland Engeland XV 6 1 5 0 16,7
Vlag van Engeland Engeland o/23 2 0 2 0 0
Vlag van Engeland Engeland Saxons 3 0 3 0 0
Vlag van Fidji Fidji 12 3 9 0 25
Vlag van Frankryk Frankryk 9 1 8 0 11,1
Vlag van Frankryk Frankryk XV 1 0 1 0 0
Vlag van Frankryk Frankryk A 1 0 1 0 0
Vlag van Georgië Georgië 7 3 4 0 42,9
Vlag van Hongkong Hongkong 7 6 1 0 85,7
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 8 0 7 1 0
Vlag van Ierland Ierland XV 1 0 1 0 0
Vlag van Italië Italië 9 2 7 0 22,2
Vlag van Japan Japan 25 8 15 2 32
Vlag van Kenia Kenia 1 1 0 0 100
Vlag van Nieu-Seeland Māori All Blacks 2 0 2 0 0
Vlag van Namibië Namibië 2 2 0 0 100
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 5 0 5 0 0
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland XV 1 0 1 0 0
Vlag van Portugal Portugal 4 4 0 0 100
Vlag van Roemenië Roemenië 8 2 6 0 25
Vlag van Rusland Rusland 5 4 1 0 80
Vlag van Samoa Samoa 6 0 6 0 0
Vlag van Skotland Skotland 5 1 4 0 20
Vlag van Skotland Skotland XV 1 1 0 0 100
Vlag van Skotland Skotland A 1 0 1 0 0
Vlag van Spanje Spanje 2 2 0 0 100
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 2 0 2 0 0
Vlag van Tonga Tonga 9 5 4 0 55,55
Vlag van Uruguay Uruguay 13 8 5 0 61,5
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 63 38 23 2 61,9
Vlag van Wallis Wallis 12 1 11 0 8,3
Vlag van Wallis Wallis XV 3 0 3 0 0
Vlag van Wallis Wallis o/23 1 0 1 0 0
Totaal 274 107 161 6 40,14

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Poelfase
1991 Kwarteindrondte
1995 Poelfase
1999 Poelfase
2003 Poelfase
2007 Poelfase
2011 Poelfase
2015 Poelfase
2019 Poelfase
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 13 November 2019.
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) Rugby Canada, History of Rugby Canada, besoek op 10 September 2007
  3. (en) Canadian Rugby, History of Rugby, besoek op 10 September 2007
  4. (en) Westmount Rugby Club, History/Histoire, besoek op 9 September 2007
  5. (en) By Pierre Arnaud en James Riordan, Sport and International Politics, Taylor & Francis, 1998, ISBN 0-419-21440-2
  6. 6,0 6,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Canada". ESPNscrum. Besoek op 13 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]