Portaal:Rusland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Kultuur · Geografie · Geologie · Gesondheid · Geskiedenis · Wiskunde · Fisika · Chemie · Biologie · Mense · Filosofie · Religie · Samelewing · Sterrekunde · Tegnologie

Cartella rossa.jpg

Flag Russia template.svg
Welkom by die Rusland-portaal
Храм Спаса на крови 7.jpgRiver Sob north of Kharp.jpgBallet Bolshoi, Festival de Dança de Joinville.jpgMoscow-City 28-03-2010 2.jpgAmur Leopard Panthera pardus orientalis Facing Forward 1761px.jpgAngliyskaya Enbankment SPb.jpg
Привет!
Russian Flag with map.png

Die Russiese Federasie (Russies: Российская Федерация) lê gedeeltelik in Europa en gedeeltelik in Asië. Die land se geskiedenis begin - net soos dié van Oekraïne en Wit-Rusland - in die 9de eeu met die stigting van die eerste Oos-Slawiese ryk, Kiëf-Roes. Dié het later verbrokkel en in talle klein feodale state verdeel. Die belangrikste hiervan was die Groothertogdom van Moskou, of Moskowië – dit het mettertyd die omringende Russiese prinsdomme herenig en die plek van Kiëf-Roes ingeneem. Teen die 18de eeu het die land uitgebrei tot die groot Russiese Ryk, wat gestrek het van Pole tot die Stille Oseaan. In die 20ste eeu het Rusland as die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) die kern gevorm van die Sowjetunie, wat saam met die Verenigde State van Amerika een van die wêreld se twee supermoondhede was. Toe die Sowjetunie in 1991 verbrokkel, is die Russiese Federasie gestig. Met sy oppervlakte van 17 098 242 km² is dit die grootste land ter wêreld.

Meer oor Rusland . . .

Cartella rossa.jpg

Crystal Clear action bookmark.svg
Sterartikel
Rusland

Anna Achmatowa (Russies en Oekraïns: А́нна Ахма́това; 23 Junie [O.S. 11 Junie] 1889 – 5 Maart 1966) was ’n modernistiese digter in Rusland en die Sowjetunie. Sy was een van Rusland se mees gerespekteerde skrywers. Haar werk het gewissel van kort liriese gedigte tot ingewikkeld gestruktureerde siklusse.

Primêre bronne met inligting oor Achmatowa se lewe is taamlik skaars omdat baie van die geskrewe rekords vernietig is tydens die Eerste Wêreldoorlog, Russiese Rewolusie en totalitêre regime. Sy was vir lang tydperke in amptelike onguns en baie van die mense na aan haar is in die gebeure ná die rewolusie dood. Lees verder...

Foto: Skildery van Achmatowa deur Olga Della-Vos-Kardovskaya, 1914.

Cartella rossa.jpg

Coat of Arms of Dagestan.svg
85 federale deelgebiede
Rusland

Die Russiese Federasie bestaan vanaf 18 Maart 2014 uit 22 republieke, 9 krais, 46 oblaste, 1 outonome oblast, 4 outonome okroegs en 3 federale stede.

Republieke: AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-OssetiëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa. Krais: AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski. Oblaste: AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd. Outonome oblast: Joodse Outonome Oblast. Outonome okroegs: Chanto-MansiëJamaliëNenetsiëTsjoekotka. Federale stede: MoskouSewastopolSint Petersburg.

Cartella rossa.jpg

Help-browser.svg
Het jy geweet?
Rusland
  • Die eerste satelliet om die aarde, Spoetnik, se naam beteken bloot "satelliet" in Russies. Dit is saamgestel uit woorddele wat ’n woord soortgelyk aan "medereisiger" vorm.
  • Die slengtaal Nadsat wat Anthony Burgess in sy boek A Clockwork Orange gebruik het, was grotendeels geskoei op Russies.
  • Die Russiese mafia is nie net een bende nie, maar verskillende, uiteenlopende georganiseerde-misdaad-sindikate wat in die voormalige Sowjetunie ontstaan het.

Cartella rossa.jpg

Nuvola devices camera.png
Sterfoto
Rusland

Die Moskwa-rivier omring deur 'n winterlandskap.

Meer oor die Moskwa-rivier . . .


Vir meer oor die Cyrilliese alfabet en transliterasie in Afrikaans, klik hier.

Cartella rossa.jpg

Cquote1.svg
Aanhaling
Cquote1.svg ’n Staatsleier moet eerder ’n kop hê.
Cquote2.svg

Wladimir Poetin se reaksie op Hillary Clinton se bewering dat hy (Poetin) nie ’n siel het nie.