Portugese nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Portugal
Flag of Portugal.svg
Unie Federação Portuguesa de Rugby
Bynaam(e) Os Lobos (Die wolwe)
Embleem Portugese skild
Stadion Estádio Universitário de Lisboa
Kapasiteit 8 000
Afrigter(s) Vlag van Frankryk Patrice Lagisquet
Kaptein(s) Francisco Pinto Magalhães
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Vasco Uva (101)[1]
Meeste punte Gonçalo Malheiro (279)[2]
Meeste drieë António Aguilar (24)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Portugal Portugal 5–6 Spanje Vlag van Spanje
(13 April 1935)
Grootste oorwinning
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 0–93 Portugal Vlag van Portugal
(23 Maart 2019)
Grootste nederlaag
Vlag van Portugal Portugal 13–108 Nieu-Seeland Vlag van Nieu-Seeland
(15 September 2007)
Wêreldbeker
Verskynings 1 (Eerste in 2007)
Beste uitslag Laaste in poel 2007, een bonuspunt
Unie webwerf
www.fpr.pt

Die Portugese nasionale rugbyspan verteenwoordig Portugal in rugby en staan ook bekend as Os Lobos (Portugees vir: "die wolwe"). Hulle het in 1935 vir die eerste keer gespeel en neem deesdae deel in die Europese Nasiesbeker. Rugby in Portugal word bestuur deur die Federação Portuguesa de Rugby. Die Portugese rugbyspan is tans (17 November 2019) 23ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Portugal het in 2007 vir hulle eerste Rugbywêreldbeker gekwalifiseer. Hulle was in Poel C saam met Nieu-Seeland, Italië, Roemenië en Skotland, maar het op die laaste plek geëindig en net een bonuspunt behaal.

Portugal speel teen Italië tydens die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk
Spanje speel teen Portugal op 16 Maart 2013
Pole teen Portugal op 24 Maart 2018

Portugese rugby het ongekende sukses die afgelope paar jaar ervaar. Hulle was die verassingspakket in die 2003/4 Europese Nasiesbeker en het uiteindelik as wenners geëindig en het daarop voortgebou deur volgehoue goeie prestasies alhoewel hulle slegs derde kon eindig in die toernooi van 2005/6. Die Wêreldrugby se Wêreldrugbysewesreeks het Portugese spelers in staat gestel om hul vaardighede ten toon te stel. In 2006/7 het Portugal vir die eerste keer aan elke Wêreldrugbysewesreeks deelgeneem. Hulle het hulself gevestig in die korter weergawe van die sport.

Aan die einde van 2012 het Portugal na Suid-Amerika gereis vir twee toetse teen Chili en Uruguay. Portugal het altwee van hierdie toetse gewen.

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Portugal se plek op Wêreldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot op hede

Portugal het teen 17 November 2019 104 van hulle 264 toetswedstryde gewen, 'n wenrekord van 39,39%.[5]

Portugal se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 17 November 2019)[5]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Andorra Andorra 3 3 0 0 100
Vlag van Argentinië Argentinië XV 4 1 3 0 25
Vlag van België België 14 9 3 2 64,29
Vlag van Brasilië Brasilië 4 2 0 2 50
 Britse Barbarians 1 0 1 0 0
Vlag van Chili Chili 4 4 0 0 100
Vlag van Denemarke Denemarke 2 2 0 0 100
Vlag van Duitsland Duitsland 9 6 3 0 66,67
Vlag van Engeland Engeland Saxons 1 0 1 0 0
Vlag van Fidji Fidji 2 0 2 0 0
Vlag van Frankryk Frankryk A 3 0 3 0 0
Vlag van Georgië Georgië 20 4 14 2 20
Vlag van Hongkong Hongkong 1 0 1 0 0
Vlag van Italië Italië 12 1 10 1 8,33
Vlag van Italië Italië A 2 0 1 1 0
Vlag van Japan Japan XV 1 0 1 0 0
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië 3 2 0 1 66,67
Vlag van Kanada Kanada 4 0 4 0 0
Vlag van Kenia Kenia 1 0 1 0 0
Sjabloon:LITru 1 1 0 0 100
Vlag van Marokko Marokko 14 7 5 2 50
Vlag van Moldowa Moldowa 2 2 0 0 100
Vlag van Namibië Namibië 8 2 6 0 25,00
Vlag van Nederland Nederland 15 11 3 1 76,66
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1 0 1 0 0
Vlag van Oekraïne Oekraïne 5 4 1 0 80
Vlag van Pole Pole 10 7 3 0 70
Vlag van Roemenië Roemenië 24 3 21 0 12,5
Vlag van Rusland Rusland 19 5 13 1 26,32
Vlag van Skotland Skotland 1 0 1 0 0
Vlag van Skotland Skotland A 1 0 1 0 0
Vlag van Spanje Spanje 36 10 24 2 27,78
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Amateure 1 0 1 0 0
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 2 0 2 0 0
Vlag van Swede Swede 2 2 0 0 100
Sjabloon:CHEru 7 7 0 0 100
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 12 12 0 0 100
Vlag van Tsjeggo-Slowakye Tsjeggo-Slowakye 2 2 0 0 100
Vlag van Tonga Tonga 1 0 1 0 0
Vlag van Tunisië Tunisië 9 3 6 0 33,33
Vlag van Uruguay Uruguay 10 3 7 0 30
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 2 0 2 0 0
Vlag van Wallis Wallis 1 0 1 0 0
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 3 1 2 0 33,33
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 4 2 2 0 50
Totaal 264 104 147 13 39,39

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Poelfase
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 17 November 2019.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 17 November 2019.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 17 November 2019.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 17 November 2019.
  5. 5,0 5,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Portugal". ESPNscrum. Besoek op 17 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]