Rugbywêreldbeker 2023

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Rugbywêreldbeker 2023
RugbyWorldCup.svg
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Frankryk Frankryk
Datums 8 September – 21 Oktober
Aantal nasies 20
Finale posisies
Toernooistatistiek
Wedstryde 48
2019
2027

Die Rugbywêreldbeker 2023 sal vanaf 8 September tot en met 21 Oktober 2023, die 200ste herdenking van rugby deur William Webb Ellis,[1] in Frankryk aangebied word. Dit sal die tiende rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wees wat deur Wêreldrugby aangebied word en die sesde in die Noordelike Halfrond. Verder sal dit ná die toernooie van 2015 (Engeland) en 2019 (Japan) die derde agtereenvolgende Rugbywêreldbeker wees, wat in ’n land van die Noordelike Halfrond aangebied word. Frankryk het voorheen tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 1999 as medegasheer opgetree; albei toernooie is saam met die destydse vyfnasies Engeland, Ierland, Skotland en Wallis aangebied; en later die Rugbywêreldbeker 2007 – met enkele wedstryde in Cardiff en Edinburg van die Verenigde Koninkryk – gehuisves; altesaam het Frankryk tydens vier rugbywêreldbekertoernooie as gasheer opgetree, meer as enige ander land.

Die Webb Ellis-beker waarom meegeding sal word

20 nasionale rugbyspanne vanuit verskeie lande sal aan die Rugbywêreldbeker 2023 deelneem. Die spanne word in vier poele van vyf spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die poel sal speel. Die boonste twee spanne van elke poel sal hierna vir die uitklopfase kwalifiseer. Die drie beste spanne van elke poel sal outomaties vir die volgende Rugbywêreldbeker 2027 kwalifiseer. Die eindstryd sal waarskynlik op die Stade de France in Saint-Denis beslis word. Die Suid-Afrikaanse Springbokke is die verdedigende kampioen nadat hulle in 2019 hul derde titel ingepalm het.

Saam met die Olimpiese Somerspele 2024 in Parys sal die Rugbywêreldbeker 2023 een van twee groot sportkompetisies in Frankryk binne een jaar wees.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Vier lande het hulleself beskikbaar gestel om die Rugbywêreldbeker 2023 aan te bied, naamlik: Frankryk, Ierland, Italië en Suid-Afrika, maar Italië het op 28 September 2016 hulself onttrek. Tydens ’n spesiale vergadering van Wêreldrugby wat op 15 November 2017 in Londen gehou is, is Frankryk as die gasheer van die kompetisie aangekondig.[2]

Deelnemende spanne[wysig | wysig bron]

Naas die gasheer Frankryk, wat ook deur sy deelname aan die kwarteindrondte van die Rugbywêreldbeker 2019 kon kwalifiseer, het ook die ander sewe deelnemers aan die kwarteindrondte en die drie ander derdeplek-spanne van die 2019-poelfase vir die Rugbywêreldbeker in 2023 gekwalifiseer. Die volgende 12 spanne het al vir die Rugbywêreldbeker in 2023 gekwalifiseer: Suid-Afrika as verdedigende kampioen, Engeland as naaswenner, Nieu-Seeland as derde plek, Wallis as halfeindrondtespan, die spanne van die kwarteindrondte Australië, Frankryk, Ierland en Japan, asook die derde plekke van die poelfase Argentinië, Fidji, Italië en Skotland.

Vervolgens sal agt van die 20 plekke van die toernooi tydens die kwalifisering uitgespeel word. Twee plekke elk sal vir die nasionale spanne van die Amerikas en Oseanië en een elk vir Afrika en Europa gereserveer wees. Die twee oorblywende plekke sal tydens ’n interkontinentale kwalifiseringrondte (uitspeel tussen Europa en Oseanië) en ’n uitspeel beslis word.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Argentinië Argentinië Outomaties Tiende 2019 Derde plek (2007)
Vlag van Australië Australië Tiende 2019 Kampioen (1991, 1999)
Vlag van Engeland Engeland Tiende 2019 Kampioen (2003)
Vlag van Fidji Fidji Negende 2019 Kwarteindrondte (1987, 2007)
Vlag van Frankryk Frankryk Tiende 2019 Naaswenner (1987, 1999, 2011)
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Tiende 2019 Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003, 2011, 2015, 2019)
Vlag van Italië Italië Tiende 2019 Poelfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015, 2019)
Vlag van Japan Japan Tiende 2019 Kwarteindrondte (2019)
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Tiende 2019 Kampioen (1987, 2011, 2015)
Vlag van Skotland Skotland Tiende 2019 Vierde plek (1991)
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Agtste 2019 Kampioen (1995, 2007, 2019)
Vlag van Wallis Wallis Tiende 2019 Derde plek (1987)

Stadions[wysig | wysig bron]

Die Franse Rugbyfederasie se bod is deur Wêreldrugby op 15 November 2017 bo die aansoeke van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en die Ierse Rugbyvoetbalunie gekies. Frankryk het sy bod op 9 Februarie 2017 bekendgestel.[3] Op 17 Maart 2017 is 12 gasheerstede gekies.[4] Dié lys is later op nege stede gereduseer (sonder Parys, Montpellier en Lens).[5]

Saint-Denis
(Parys)
Marseille Décines-Charpieu
(Lyon)
Villeneuve-d'Ascq
(Lille)
Stade de France Stade Vélodrome Parc Olympique Lyonnais Stade Pierre-Mauroy
48°55′28″N 2°21′36″O / 48.92444°N 2.36000°O / 48.92444; 2.36000 (Stade de France) 43°16′11″N 5°23′45″O / 43.26972°N 5.39583°O / 43.26972; 5.39583 (Stade Vélodrome) 45°45′56″N 4°58′52″O / 45.76556°N 4.98111°O / 45.76556; 4.98111 (Parc Olympique Lyonnais) 50°36′43″N 3°07′50″O / 50.61194°N 3.13056°O / 50.61194; 3.13056 (Stade Pierre-Mauroy)
Kapasiteit: 80 698 Kapasiteit: 67 394 Kapasiteit: 59 186 Kapasiteit: 50 157
Germany vs Poland 0-0 (27103531294).jpg Stade Vélodrome (20150405).jpg Parc OL.jpg Russia v Slovakia (2016-06-15) 18.jpg
Bordeaux
Nouveau Stade de Bordeaux
44°53′50″N 0°33′42″W / 44.89722°N 0.56167°W / 44.89722; -0.56167 (Nouveau Stade de Bordeaux)
Kapasiteit: 42 115
Bordeaux Larnaca Nouveau Stade 4.jpg
Saint-Étienne Nice Nantes Toulouse
Stade Geoffroy-Guichard Allianz Riviera Stade de la Beaujoire Stadium Municipal
45°27′39″N 4°23′25″O / 45.46083°N 4.39028°O / 45.46083; 4.39028 (Stade Geoffroy-Guichard) 43°42′18″N 7°11′33″O / 43.70500°N 7.19250°O / 43.70500; 7.19250 (Allianz Riviera) 47°15′20″N 1°31′31″W / 47.25556°N 1.52528°W / 47.25556; -1.52528 (Stade de la Beaujoire) 43°34′59″N 1°26′3″O / 43.58306°N 1.43417°O / 43.58306; 1.43417 (Stadium Municipal)
Kapasiteit: 41 965 Kapasiteit: 35 624 Kapasiteit: 35 322 Kapasiteit: 33 150
Stade Geoffroy-Guichard - Saint-Etienne (10-11-2013).jpg Allianzcoupdenvoi.jpg Stade de la Beaujoire.jpg 6m toulousain tiré par Mike Maignan, Toulouse, 6 mai 2018 (TFC - LOSC).jpg

Formaat[wysig | wysig bron]

Die Rugbywêreldbeker 2023 sal oor 44 dae tussen 20 verskillende nasies oor 48 wedstryde gespeel word. Dit sal op 8 September met ’n wedstryd tussen die gasheer, Frankryk, en ’n ander span afskop. Die toernooi sal waarskynlik in die Stade de France van Saint-Denis op 21 Oktober met die eindstryd waarin die wenner van die Webb Ellis-beker in 2023 bepaal word, eindig.

Poelfase[wysig | wysig bron]

Soos in die Rugbywêreldbekertoernooie van 2003, 2007, 2011, 2015 en 2019 sal die 20 nasies wat vir die Rugbywêreldbeker 2023 kwalifiseer, in vier poele verdeel word. Die poele word verdeel van Poel A tot Poel D en elke poel sal uit vyf spanne bestaan. Elke poel sal een semifinalis en een kwarteindfinalis (outomatiese kwalifiseerders) van die Rugbywêreldbeker 2019, met die ander drie plekke wat deur die kwalifiseringstelsel gevul is, bevat. Elke land speel een keer teen elke ander span in hulle poel: elke land speel dus vier wedstryde in die poelfase.

Klassifisering binne elke poel sal gegrond wees op die volgende puntestelsel:

  • vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • twee vir ’n gelykopuitslag;
  • geen vir ’n nederlaag;
  • Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.[6]

Bonuspunte wat bydra tot spanne se versamelde wedstrydpuntetelling sal toegeken word in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval):

  • ’n span druk vier of meer drieë (ongeag van die wedstryduitslag);
  • ’n span verloor met sewe punte (’n verdoelde drie) of minder.[6]

Aan die einde van die poelfase word die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindstryd sal deurdring.

Uitklopfase[wysig | wysig bron]

Van die begin van dié fase af neem die toernooi ’n uitklopformaat aan wat uit agt wedstryde bestaan: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die poele dring na die uitklopfase deur. Poelwenners speel teen naaswenners in ander poele in die kwarteindstryde, byvoorbeeld: die wenner van Poel A speel teen die naaswenner van Poel B en die wenner van Poel B speel teen die naaswenner van Poel A.

Elke wedstryd in die uitklopfase móét in ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. Indien daar na tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag is, word daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik word daar twee periodes van ekstra tyd gespeel; die spanne speel dan 10 minute aan ’n kant. Indien daar dan steeds geen wenner is nie word daar vir tien minute gespeel in ’n uitklop-formaat, waar die eerste span wat daarin slaag om punte aan te teken, wen. Indien daar steeds nie ’n wenner is na 110 minute nie word die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.[6]

2023-effek op 2027-kwalifisering[wysig | wysig bron]

Soos tydens die Rugbywêreldbekertoernooie van 2007, 2011, 2015 en 2019 sal die top drie spanne in elke poel outomaties vir die volgende Rugbywêreldbeker 2027 kwalifiseer.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Webb-Ellis, William". Rugby Football History. Besoek op 2 November 2019.
  2. (en) "2023 Rugby World Cup: France beat South Africa and Ireland to host competition". BBC. 15 November 2017. Besoek op 2 November 2019.
  3. (en) "Rugby: France launch 2023 World Cup bid". Reuters. 9 Februarie 2017. Besoek op 2 November 2019.
  4. (fr) "#France2023 : Douze villes hôtes retenues". Franse Rugbyfederasie. 17 Maart 2017. Besoek op 2 November 2019.
  5. (fr) "Coupe du monde de rugby 2023 : Paris, Lens et Montpellier écartées de la candidature française". L'Équipe. 31 Mei 2017. Besoek op 2 November 2019.
  6. 6,0 6,1 6,2 (en) "Tournament Rules". rugbyworldcup.com. 1 Augustus 2019. Besoek op 2 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Rugbywêreldbeker Rugbyball2.jpg

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023