Skotse nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Skotland
Flag of Scotland.svg
Unie Skotse Rugbyunie
Embleem Dissel
Stadion Murrayfield-stadion, Edinburg
Kapasiteit 67 144
Afrigter(s) Vlag van Skotland Gregor Townsend
Kaptein(s) Stuart McInally
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Ross Ford (110)
Meeste punte Chris Paterson (809)
Meeste drieë Ian Smith
Tony Stanger (24)
Eerste internasionale wedstryd
(ook die wêreld se eerste)
Vlag van Skotland Skotland 1 – 0 Engeland Vlag van Engeland
(27 Maart 1871)
Grootste oorwinning
Vlag van Skotland Skotland 100 – 8 Japan Vlag van Japan
(13 November 2004)
Grootste nederlaag
Vlag van Skotland Skotland 10 – 68 Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika
(6 Desember 1997)
Wêreldbeker
Verskynings 9 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Vierde plek in 1991
Unie webwerf
www.scottishrugby.org

Die Skotse nasionale rugbyspan verteenwoordig Skotland in internasionale rugby. Rugby word in Skotland deur die Skotse Rugbyunie geadministreer. Die Skotse rugbyspan is tans (15 November 2019) negende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[1] Die span neem aan die vierjaarlikse Rugbywêreldbeker en die jaarlikse Sesnasies-toernooi deel. Skotland is ook een van die lande wat deel uitmaak van die Britse en Ierse Leeus – spelers wat vir Skotland mag speel mag dus ook gekies word vir die Leeus.

Skotse rugby dateer terug na 1871 toe Skotland Engeland in die eerste internasionale rugbywedstryd op Raeburn Place verslaan het. Sedert die voorganger van die Vyf- en Sesnasiestoernooi, die Tuisnasies in 1883 begin is het die span 15 keer gewen – insluitend in die laaste Vyfnasies in 1999 – en het nog nege ander kere die titel gedeel. Sedert Italië in 2000 by die kompetisie aangesluit het om die Sesnasies te vorm kon Skotland nog nie 'n titel verower nie. Sedert die Rugbywêreldbeker in 1987 ingevoer is, het Skotland aan al nege toernooie deelgeneem. Skotland se beste uitslag is in 1991 behaal toe die span die uitspeelwedstryd om die derde plek teen die All Blacks verloor het.

Daar is nog altyd strawwe wedywering tussen Skotland en die Britse buurnasie Engeland. Die spanne speel jaarliks as deel van die Sesnasies om die Calcuttabeker. In 2006 se roemryke oorwinning het Skotland Engeland met 18-12 verslaan. Engeland het die titel egter aan die begin van 2007 herower. Sedert 1990 kon Skotland die ou vyand egter slegs drie keer klop.

Agt voormalige Skotse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Begin van die hanteerspel[wysig | wysig bron]

Die Skotse rugbyspan in 1871
Rugbywedstryd tussen Engeland en Skotland, ca. 1893

Verskeie nuwe skole is gedurende die eerste helfte van die 19de eeu in Skotland gestig waaronder die Edinburgh Academy (1824), Loretto (1827), Merchiston (1833), Glasgow Academy (1845) en Trinity College, Glenalmond (1847). Dit is bekend dat eenvoudige en kru vorme van voetbal by al hierdie skole gespeel is. Dit was egter by in Edinburg waar die hanteerspel wortel geskiet het en na die res van Skotland versprei het.

Twee jong mans, Francis Crombie en Alexander Crombie, het in 1854 van Durham School na Edinburg gekom. Francis het by die Academy aangesluit maar Alexander het reeds sy skoolopleiding voltooi. Blykbaar het nie een van die twee broers by Durham School voetbal gespeel nie, maar hulle het hulle kennis van die reëls soos wat dit by Rugby School gespeel is na Skotland gebring. Francis Crombie was die eerste skoolvoetbalspankaptein en Alexander het aktief betrokke geraak by die stigting van die Edinburgh Academical Football Club. Hy het vir lidmaatskap gekwalifiseer volgens 'n reël wat familie van skoolleerlinge toegelaat het om aan te sluit. In 1858 het hy die eerste kaptein van die voetbalklub geword – 'n posisie wat hy vir agt jaar beklee het.

Omtrent dieselfde tyd het nog 'n seun genaamd Hamilton in 1856 na die High School in Edinburg van 'n Engelse privaatskool gekom met 'n kopie van die Rules of Rugby Football soos hy dit in die Suide geken het. Dié dokument was instrumenteel in die High School se aanpassing van hulle bestaande spel na die nuwe vorm.

Die eerste gedokumenteerde interskolewedstryd in Skotland was die High School teen Merchiston wat op 13 Februarie 1858 gespeel is. Die wedstryd is egter sonder eenvormige reëls en bal gespeel. Oor verskeie jare het die spel egter die weergawe wat by Rugby gespeel is aanvaar. Daar was verskeie plaaslike weergawes wat noodwendig tot dispute gelei het. Tot laat in die 1870's het slegs die Edinburgh Academy, Merchiston en The High School 'n eenvormige vorm van die spel gespeel. Van die middel-1860's het senior seniorklubs met voormalige leerlinge in beide Edinburg en Glasgow begin vorm. Die klubs het teen mekaar begin speel deur gebruik te maak van die nuwe riglyne. In die vroeë klubwedstryde is spel gereeld onderbreek sodat kapteins en skeidsregters verskille in die reëls kon besleg.

Die toedrag van sake kon nie vir altyd voortduur nie en 'n stel vergaderings is deur die Edinburgh Academical Football Club gereël en in 1868 het die klub, met die instemming van ander skole en klubs reëls vir die spel in Skotland opgestel en gedruk. Die boekie wat opgestel is, Laws of Football as played by the Principal Clubs in Scotland, het bekend geword as die Groen Boek. Die reëlboekie het nie die woord Rugby in sy titel gebruik nie en die Skotse Voetbalunie wat in 1873 gevorm is het eers in 1924 die Skotse Rugbyunie geword.

Die Skotte vaardig 'n uitdaging uit[wysig | wysig bron]

In Desember 1870, na 'n reeks sokkerwedstryde tussen Engeland en Skotland wat in Londen gespeel en almal deur Engeland gewen is, het 'n groep Skotte 'n uitdagingsbrief in die Scotsman en in Bell's Life in Londen gepubliseer om 'n Engelse twintigtal te stuur om die hanteerspel teen Skotland te speel. Die Engelse kon skaars so 'n uitdaging ignoreer, wat gelei het tot die eerste internasionale rugbywedstryd wat op die krieketveld van Die Edinburgh Academy, Raeburn Place, Edinburg, op Maandag 27 Maart 1871, gespeel is. Die Skotte het die stryd met 'n doel en 'n drie gewen teen die enkele drie wat Engeland aangeteken het. Engeland kon egter die volgende jaar by die Kennington Oval in Londen wraak neem.[2]

Die Calcuttabeker[wysig | wysig bron]

Die Calcuttabeker in 1890

Die Calcuttabeker is in 1878 aan die Rugbyvoetbalunie geskenk deur lede van die kortstondige Calcutta Rugbyklub. Die lede het besluit om die klub te ontbind. Die beker is geskep uit gesmelte silwerroepees wat beskikbaar geraak het toe die klub se fondse uit die bank onttrek is. Die beker is uniek in die sin dat slegs Engeland en Skotland jaarliks daarom kompeteer. Die eerste Calcuttabekerwedstryd is in 1879 gespeel en sedertdien is al meer as 100 wedstryde gespeel.

Die Skotte het in die beginjare van tyd tot tyd sukses behaal en ook in die eerste dekade van die 20ste eeu teen Wallis begin speel. Die span se Triple Crown oorwinning van 1907 sou egter die laaste een wees wat die span vir agtien jaar sou wen aangesien die Eerste Wêreldoorlog (1914–18) en Engeland tussenbeide getree het om hulle van glorie te ontneem.

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Skotland se plek op Wêreldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot hede

Skotland het tot dusver 301 van hulle 699 toetswedstryde gewen, 'n wenrekord van 43,06%.[3]

Skotland se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 15 November 2019)[3]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Argentinië Argentinië 18 9 9 0 50
Vlag van Australië Australië 32 11 21 0 34,38
Vlag van Engeland Engeland 137 43 75 19 31,39
Vlag van Fidji Fidji 8 6 2 0 75
Vlag van Frankryk Frankryk 95 37 55 3 38,95
Vlag van Georgië Georgië 4 4 0 0 100
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 135 66 64 5 48,89
Vlag van Italië Italië 30 22 8 0 73,33
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 1 1 0 0 100
Vlag van Japan Japan 8 7 1 0 87,50
Vlag van Kanada Kanada 5 4 1 0 80
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 31 0 29 2 0
Flag of rugby Pacific Islanders.svg Pasifiese Eilanders 1 1 0 0 100
Vlag van Portugal Portugal 1 1 0 0 100
 Presidents XV 1 1 0 0 100
Vlag van Roemenië Roemenië 13 11 2 0 84,62
Vlag van Rusland Rusland 1 1 0 0 100
Vlag van Samoa Samoa 12 10 1 1 83,33
Vlag van Spanje Spanje 1 1 0 0 100
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 27 5 22 0 18,51
Vlag van Tonga Tonga 4 3 1 0 75
Vlag van Uruguay Uruguay 1 1 0 0 100
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 6 5 1 0 83,33
Vlag van Wallis Wallis 125 49 73 3 39,20
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 2 2 0 0 100
Totaal 699 301 365 33 43,06

Sesnasierekord[wysig | wysig bron]

  Vlag van Engeland Engeland Vlag van Frankryk Frankryk Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Italië Italië Vlag van Skotland Skotland Vlag van Wallis Wallis
Toernooie 123 90 125 20 125 125
Regstreekse oorwinnings
(Gedeelde oorwinnings)
Tuisnasies 5 (4) N.v.t. 4 (4) N.v.t. 10 (3) 7 (4)
Vyfnasies 17 (6) 12 (8) 6 (5) N.v.t. 5 (6) 15 (8)
Sesnasies 6 5 4 0 0 5
Algeheel 28 (10) 17 (8) 14 (9) 0 (0) 15 (9) 27 (12)
Grand Slams
Tuisnasies 0 N.v.t. 0 N.v.t. 0 2
Vyfnasies 11 6 1 N.v.t. 3 6
Sesnasies 2 3 1 0 0 4
Algeheel 13 9 3 0 3 12
Driekrone
Tuisnasies 5 N.v.t. 2 N.v.t. 7 6
Vyfnasies 16 N.v.t. 4 N.v.t. 3 11
Sesnasies 4 N.v.t. 5 N.v.t. 0 4
Algeheel 25 N.v.t. 11 N.v.t. 10 21
Houtlepel
Tuisnasies 11 N.v.t. 15 N.v.t. 8 8
Vyfnasies 14 17 21 N.v.t. 21 12
Sesnasies 0 1 0 14 4 1
Algeheel 25 18 36 14 33 21

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Kwarteindrondte
1991 Vierde plek
1995 Kwarteindrondte
1999 Kwarteindrondte
2003 Kwarteindrondte
2007 Kwarteindrondte
2011 Poelfase
2015 Kwarteindrondte
2019 Poelfase
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 15 November 2019.
  2. (en) Biblioteek van die Skotse Rugbyunie
  3. 3,0 3,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Scotland". ESPNscrum. Besoek op 15 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]