Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Maandag, 21 Oktober 2019
Hier is tans 85 963 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Die All Blacks se vlag.

Die All Blacks is Nieu-Seeland se nasionale rugbyspan. Rugby is Nieu-Seeland se nasionale sport en die All Blacks is 'n gedugte krag in internasionale rugby met 'n wenrekord teen alle ander lande.

Die All Blacks speel jaarliks teen die Wallabies van Australië, die Springbokke van Suid-Afrika en Argentinië in die Rugbykampioenskap, voorheen die Drienasiesreeks, waartydens hulle ook om die Bledisloebeker teen Australië meeding. Die All Blacks het die Drienasiesreeks reeds nege keer in die toernooi se 14 jaar bestaan gewen, en het drie keer 'n Grand Slam behaal (in 1978, 2005 en in 2008), en is die huidige Bledisloebekerhouer. Hulle is tans eerste op die rugbywêreldranglys en is in 2005, 2006 en 2008 as die Internasionale Rugbyraad se "Span van die Jaar" aangewys. Twaalf voormalige All Blacks is in die International Rugby Hall of Fame opgeneem.

Die span het vir die eerste keer in 1893 'n internasionale wedstryd gespeel teen Nieu-Suid-Wallis, en het hulle eerste toetswedstryd in 1903 gespeel: 'n oorwinning teen Australië. Dit is gevolg deur 'n toer na die noordelike halfrond in 1905 waartydens die span slegs teen Wallis in Cardiff verloor het.

Die All Blacks het hulle eerste reeksoorwinning teen aartsvyande Suid-Afrika ("Die Springbokke") in Nieu-Seeland in 1956 behaal. 'n Dekade later het hulle hul langste segetog behaal deur sewentien Toetse tussen 1965 en 1970 te wen. Die Britse en Ierse Leeus het hulle enigste reeksoorwinning oor die All Blacks behaal in 1971, maar sewe jaar later sou die All Blacks hulle eerste Grand Slam behaal (oorwinnings oor Engeland, Ierland, Skotland, en Wallis op dieselfde toer).

Die 1981-Springboktoer na Nieu-Seeland het grootskaalse burgerlike onrus veroorsaak as gevolg van besware teen Suid-Afrika se apartheidsbeleid. In 1987 was Nieu-Seeland die gasheer vir die eerste Rugbywêreldbeker wat die All Blacks gewen het. Nieu-Seeland het in 1996 in post-apartheid Suid-Afrika vir die eerste keer daarin geslaag om 'n reeksoorwinning in Suid-Afrika oor die Springbokke te behaal.

Vroeë Nieu-Seelandse nasionale rugbydrag het bestaan uit 'n swart trui met 'n silwer varing en wit broeke. Tydens hulle 1905 toer het die All Blacks slegs swart gedra, behalwe vir die silwer varing en die "All Black"-naam dateer uit dié tydperk. Die All Blacks voer tradisioneel 'n haka ('n Maori-oorlogsdans) voor elke wedstryd uit. Tradisioneel word Te Rauparaha se Ka Mate haka uitgevoer, maar sedert 2005 word Kapa o Pango, 'n aangepaste weergawe van die 1924 All Blacks haka, Kia Whaka-ngawari, ook soms gebruik.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding word

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat die Skotse uitvinder John Logie Baird reeds in 1926 in Londen die eerste publieke demonstrasie van 'n televisie gegee het? 10 jaar later was daar slegs 100 televisiestelle in die wêreld; vandag is daar meer as 1,5 miljard.

...dat Indië die land is wat die meeste rolprente vervaardig? Die Indiese rolprentbedryf, waaronder ook Bollywood, vervaardig jaarliks 'n gemiddelde 800 rolprente, twee keer so veel as Hollywood.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

21 Oktober: Oorsese Chineesdag in die Republiek China (Taiwan)

Alfred Nobel

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die stadsaal van Christchurch, Nieu-Seeland, tydens die blou uur.
Die stadsaal van Christchurch, Nieu-Seeland, tydens die blou uur.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  Eswatini  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering