Wikipedia:Voorbladartikel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Voorbladartikels: die beste van Wikipedia

Cscr-featured.svg

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.

Tans is daar 367 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 85 963. Dus verskyn een uit elke 234 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.

Calendar-nl.png

Nuwe toevoegings

Die All Blacks se vlag.

Die All Blacks is Nieu-Seeland se nasionale rugbyspan. Rugby is Nieu-Seeland se nasionale sport en die All Blacks is 'n gedugte krag in internasionale rugby met 'n wenrekord teen alle ander lande.

Die All Blacks speel jaarliks teen die Wallabies van Australië, die Springbokke van Suid-Afrika en Argentinië in die Rugbykampioenskap, voorheen die Drienasiesreeks, waartydens hulle ook om die Bledisloebeker teen Australië meeding. Die All Blacks het die Drienasiesreeks reeds nege keer in die toernooi se 14 jaar bestaan gewen, en het drie keer 'n Grand Slam behaal (in 1978, 2005 en in 2008), en is die huidige Bledisloebekerhouer. Hulle is tans eerste op die rugbywêreldranglys en is in 2005, 2006 en 2008 as die Internasionale Rugbyraad se "Span van die Jaar" aangewys. Twaalf voormalige All Blacks is in die International Rugby Hall of Fame opgeneem.

Die span het vir die eerste keer in 1893 'n internasionale wedstryd gespeel teen Nieu-Suid-Wallis, en het hulle eerste toetswedstryd in 1903 gespeel: 'n oorwinning teen Australië. Dit is gevolg deur 'n toer na die noordelike halfrond in 1905 waartydens die span slegs teen Wallis in Cardiff verloor het.

Die All Blacks het hulle eerste reeksoorwinning teen aartsvyande Suid-Afrika ("Die Springbokke") in Nieu-Seeland in 1956 behaal. 'n Dekade later het hulle hul langste segetog behaal deur sewentien Toetse tussen 1965 en 1970 te wen. Die Britse en Ierse Leeus het hulle enigste reeksoorwinning oor die All Blacks behaal in 1971, maar sewe jaar later sou die All Blacks hulle eerste Grand Slam behaal (oorwinnings oor Engeland, Ierland, Skotland, en Wallis op dieselfde toer).

Die 1981-Springboktoer na Nieu-Seeland het grootskaalse burgerlike onrus veroorsaak as gevolg van besware teen Suid-Afrika se apartheidsbeleid. In 1987 was Nieu-Seeland die gasheer vir die eerste Rugbywêreldbeker wat die All Blacks gewen het. Nieu-Seeland het in 1996 in post-apartheid Suid-Afrika vir die eerste keer daarin geslaag om 'n reeksoorwinning in Suid-Afrika oor die Springbokke te behaal.

Vroeë Nieu-Seelandse nasionale rugbydrag het bestaan uit 'n swart trui met 'n silwer varing en wit broeke. Tydens hulle 1905 toer het die All Blacks slegs swart gedra, behalwe vir die silwer varing en die "All Black"-naam dateer uit dié tydperk. Die All Blacks voer tradisioneel 'n haka ('n Maori-oorlogsdans) voor elke wedstryd uit. Tradisioneel word Te Rauparaha se Ka Mate haka uitgevoer, maar sedert 2005 word Kapa o Pango, 'n aangepaste weergawe van die 1924 All Blacks haka, Kia Whaka-ngawari, ook soms gebruik.

...lees verder
Die vlag van Japan.

Die nasionale vlag van Japan is op 27 Februarie 1870 in gebruik geneem met klein wysigings wat op 13 Augustus 1999 aanvaar is. Die vlag vertoon ’n wit agtergrond met ’n groot rooi skyf in die middel. Die vlag se amptelike naam in Japannees is Nisshōki (日章旗 "sonvlag"?) maar die vlag is beter bekend as Hinomaru (日の丸 "sonskyf"?).

Die Nisshōki is aangewys as die nasionale vlag in die Wet op die Nasionale Vlag en Volkslied wat gepromulgeer is en op 13 Augustus 1999 in werking getree het. Hoewel geen vroeëre wetgewing ’n nasionale vlag gespesifiseer het nie was die “sonskyf” reeds die de facto nasionale vlag van Japan. Twee proklamasies wat in 1870 deur die Daijō-kan, die regerende liggaam van die vroeë Meijiperiode, uitgevaardig is het elk voorsiening gemaak vir die ontwerp van ’n nasionale vlag. ’n Sonskyfvlag is onder proklamasie 57 van Meiji 3 (uitgevaardig op 27 Februarie 1870) aanvaar as die nasionale vlag vir handelskepe en as die nasionale vlag wat deur die vloot gebruik is onder proklamasie 651 van Meiji 3 (uitgevaardig op 27 Oktober 1870). Gebruik van die Hinomaru is ernstig beperk gedurende die vroeë jare van die besetting van Japan na die Tweede Wêreldoorlog; hierdie beperkinge is later verslap.

Die son speel ’n belangrike rol in die Japannese mitologie en geloof waar dit vertel word dat die keiser ’n direkte afstammeling van die songodin Amaterasu is en dat die legitimiteit van die Japannese keisershuis gerus het op die goddelike aanstelling en afstamming van die hoof-godheid van die oorheersende Sjintoïsme. Die naam van die land asook die ontwerp van die vlag weerspieël hierdie sentrale belangrikheid van die son. Die antieke geskiedenis (Shoku Nihongi) voer aan dat Keiser Monmu in 701 ’n vlag gebruik het wat die son voorgestel het; dit is die eerste opgetekende gebruik van ’n vlag in Japan met ’n sonmotief. Die oudste bestaande vlag word bewaar in die Unpō-ji-tempel in Kōshū, Yamanashi wat dateer uit voor die 16de eeu, en ’n antieke legende wil dit hê dat die vlag deur Keiser Go Reizei in die 11de eeu aan die tempel gegee is.

Openbare persepsie oor die nasionale vlag wissel. Vir sommige Japanners stel die vlag Japan voor en dit kan nie vervang word nie. Westerse en Japannese bronne beweer dat die vlag geskiedkundig ’n kragtige en blywende simbool van Japan was. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog (die Pasifiese Oorlog), is die gebruik van die vlag en die nasionale volkslied Kimigayo ’n omstrede onderwerp vir Japan se openbare skole. Geskille oor die gebruik daarvan het gelei tot protesoptogte en regsgedinge. Die vlag word nie gereeld in Japan vertoon nie weens die vlag se verbintenis met ultranasionalisme. Vir Okinawaers verteenwoordig die vlag die gebeure van die Tweede Wêreldoorlog en die gevolglike militêre teenwoordigheid van die Verenigde State. Vir sommige lande wat deur Japan beset is, is die vlag ’n simbool van aggressie en imperialisme. Die Hinomaru is gebruik as werktuig teen geokkupeerde nasies vir intimidasiedoeleindes, om Japan se oorheersing te handhaaf en onderwerping. Verskeie militêre baniere van Japan is op die Hinomaru gebaseer, insluitend die bestraalde Vlootvaandel. Die Hinomaru dien ook as sjabloon vir ander Japannese vlae in openbare en privaatgebruik.

...lees verder

Aardrykskunde

Japan

Aarde - Alexandrië - Alpe - Andorra - Antarktika - Argentinië - Arktiese Oseaan - Arles - Armenië - Australië - Azerbeidjan - Belfast - België - Berg Athos - Berlyn - Bergen - Bernau bei Berlin - Bieszczady - Bordeaux - Brasilië - Bredasdorp - Bremen - Bretagne - Brussel - Buenos Aires - Bulgarye - Carcassonne - Chicago - Chili - Costa Rica - Darmstadt - Denemarke - Duitsland - Durban - Estland - Faroëreilande - Frankfurt am Main - Frankryk - Frans-Guyana - Genua - Georgië - Glasgow - Gotenburg - Hamburg - Hawaii - Helsinki - Hesse - Ierland - Iran - Istanboel - Japan - Johannesburg - Kaapstad - Kaliningrad - Kambodja - Kanada - Kasakstan - Keulen - Krim - Krugerwildtuin - Leiden - Libië - Litaue - Los Angeles - Madagaskar - Malawi - Malta - Meksiko - Milwaukee - Moldowa - Monaco - Mont-Saint-Michel - Montreal - Montreux - Moskou - Namibië - Nedersakse - Nieu-Seeland - Noord-Ierland - Noorweë - Normandië - Nyldelta - Oekraïne - Paaseiland - Parys - Perth - Pireneë - Pole - Port Elizabeth - Potsdam - Pretoria - Provence - Quebec - Republiek Masedonië - Réunion - Reykjavik - Rio de Janeiro - Rusland - São Paulo - Senegal - Siberië - Skerryvore - Skotland - Slowakye - Straatsburg - Suid-Afrika - Svalbard - Swartwoud - Swede - Switserland - Sydney - Tahiti - Thailand - Tornado - Tsoenami - Turyn - Uruguay - Valencia - Verenigde State van Amerika - Vermont - Vilnius - Waalse Gewes - Washington, D.C. - Wes-Australië - Ysland - Zambië - Zürich


Biologie

Seekoei

Afrika-rotsluislang - Berghaan - Blouwalvis - Buffel - Dinosourus - Fotosintese - Gewone luislang - Gordeldier - Javaanse tier - Kat - Koraal - Kryt-Paleogeen-uitwissing - Leeu - Lewensiklus van die tier - Mens - Menslike evolusie - Mos - Pikkewyn - Poema - Pylsterteend - Rot - Saffraan - Seekoei - Sekretarisvoël - Swangerskap - Tierluislang - Ysbeer


Geskiedenis

Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog

Amerikaanse Rewolusie - Andries Pretorius - Anne Frank - Antieke Egipte - Apartheid - Assirië - Berlynse Lugbrug - Boerekrygsgevangenes - Cetshwayo kaMpande - Cicero - Cité de Carcassonne - Duitse Demokratiese Republiek - Etruskers - Francis William Reitz - Fritz Joubert Duquesne - Gallië - Goelag - Heinz Guderian - Homeros - Indusvalleibeskawing - Jan Christian Smuts - Jesus van Nasaret - Johanna van Arkel - Kathaar - Khmer-ryk - Kiëf-Roes - Kosakke - Koue Oorlog - Kruistog - Kulturele Rewolusie - Memphis (Egipte) - Middeleeuse kookkuns - Mongoolse Ryk - Adriaan Moorrees - Namibiese volksmoord 1904-1908 - Fridtjof Nansen - Nikolaas II van Rusland - Operasie Entebbe - Opstand in die Warskou-ghetto - Palmyra - Perikles - Plinius die ouere - Pitia - Pous Pius IX - Pous Silvester II - Russiese Rewolusie 1917 - William Philip Schreiner - Slag van Magersfontein - Slag van Stalingrad - Hans Strijdom - Helen Suzman - Tweede Wêreldoorlog - USS Constitution - Victoria van die Verenigde Koninkryk - Winteroorlog


Kultuur en samelewing

Twee Australiese rugbyspelers voer 'n harde duikslag op 'n Engelse speler uit

Afrikaanse kerkbou in die Karoo - All Blacks - Barnsteen - Simone de Beauvoir - Christiaan Frederik Beyers - Boeddhisme - Borsjt - André P. Brink - Ted Bundy - Byeboerdery - Petrus Coetzee - Cristina Fernández de Kirchner - Dagbreek - Marie Koopmans-De Wet - Die Transvaler - Die Vaderland - Egiptiese mitologie - Ekonomie van Suid-Afrika - Frans Engelenburg - Ganesja - Geestesteuring - Gereformeerde kerk Humpata - Geskiedenis van erotiese afbeeldings - Groot Markplein van Brussel - Hadj - Carl Otto Hager - Adriaan Hofmeyr - Jan Hendrik Hofmeyr - Jannie Hofmeyr - Jode in Suid-Afrika - Kaas - Kleurlingstemregvraagstuk - Mabel Malherbe - Johannes Meintjes - Middeleeuse kookkuns - Andrew Murray - Nederduits (skoolvak) - NG gemeente Fordsburg - NG gemeente Rondebosch - Oktoberfest - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Oosters-Ortodokse Kerk - Paralimpiese Somerspele 2008 - Paryse Metro - Posseël - Dirk Postma - Reinheitsgebot - Rooiplein - P.D. Rossouw - Rugby - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Seksualiteit in antieke Rome - Sider - Sisiliaanse Mafia - Skaak - Slawiese mitologie - Springbokke - Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003- - Swabies-Alemanniese Karnaval - Tafeltennis - Elizabeth Taylor - Herman van Broekhuizen - Verenigde Party - Vlag van Argentinië - Vlag van Armenië - Vlag van Australië - Vlag van Azerbeidjan - Vlag van Brasilië - Vlag van Chili - Vlag van die Filippyne - Vlag van die Verenigde Koninkryk - Vlag van die Verenigde State - Vlag van die Volksrepubliek China - Vlag van Duitsland - Vlag van Europa - Vlag van Indië - Vlag van Israel - Vlag van Japan - Vlag van Kanada - Vlag van Meksiko - Vlag van Nieu-Seeland - Vlag van Puerto Rico - Vlag van Singapoer - Vlag van Suid-Afrika - Webjoernaal - Wladimir Poetin - Wyn


Taal- en letterkunde

Padteken in Wallies

Afrikaans - Fins - Frans - Hamlet - Henry James - Mabel Jansen - Adam Mickiewicz - Nederlands - William Shakespeare - Sweeds - Taal - Verskille tussen Afrikaans en Nederlands - Wallies


Die Kunste

'n Strokiesverhaal

Ingmar Bergman - Bucchero - Samuel Cronwright - Salvador Dalí - Marlene Dietrich - documenta - Paul Gauguin - Katedraal van Vilnius - Klooster - Krugerstandbeeld - Kuns - Leonardo da Vinci - Modernisme - Marita Napier - Oscar Niemeyer - Jacobus Hendrik Pierneef - Johan de Ridder - Leni Riefenstahl - Staafkerk van Borgund - Sosialistiese realisme - Strokiesverhaal - Topkapi-paleis - Rembrandt van Rijn - Leonore Veenemans - Andy Warhol


Sterrekunde en ruimtevaart

Saturnus

Aarde - Andromeda-sterrestelsel - Europese Suidelike Sterrewag - Hubble-ruimteteleskoop - Komeet - Kuipergordel - Maan - Maanlanding - Mars - Melkweg - Opsporing van eksoplanete - Pluto - Saturnus - Sonnestelsel - Ster - Sterrestelsel - Veranderlike ster


Wetenskap en tegnologie

Wankelenjin

Aardverwarming - Airbus A380 - Binnebrandenjin - Concorde - Differensiaalrekening - Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting - Geskiedenis van die Aarde - Glas - Hardeskyf - Hernubare energie - Kamera - Laser - Parasetamol - Patent - Pi - Poolkoördinatestelsel - Ignaz Semmelweis - TGV - Tegnesium - Tempelhof-lughawe - Toekoms van die Aarde - Uraan - Wankelenjin - Waterstof - Yster


Voorbladartikels 2005Voorbladartikels 2006Voorbladartikels 2007Voorbladartikels 2008Voorbladartikels 2009Voorbladartikels 2010Voorbladartikels 2011Voorbladartikels 2012Voorbladartikels 2013Voorbladartikels 2014Voorbladartikels 2015Voorbladartikels 2016Voorbladartikels 2017Voorbladartikels 2018Voorbladartikels 2019




Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerus hier klik sodat dit verfris word.